Korrektiewe kreatiwiteit

 

Korrektiewe kreatiwiteit

Posted by VLV in Britstown Tak, News 03 Sep 2010

5 lede van Britstown VLV, o.l.v. Anita Rust, het die afgelope Maandag ‘n kreatiewe werkswinkel by die Korrektiewe Sentrum in De Aar aangebied, vir sowat 30 dames.

Die gedagte was om kreatiwiteit te stimuleer en ‘n vaardigheid aan te leer.  Elkeen het ‘n selfdoenpakket ontvang waarmee ‘n engel-armband van krale gemaak is. Elke stap is verduidelik en gou-gou het elkeen weggespring en sy eie engelarmband gemaak.

Die tweede deel van die oggend het die maak van kaartjies behels. Optelgoed soos vere, gedroogde gras en lemoenskyfies, geroeste stukkies blik, knope, afval materiaal, tou en leer is gebruik. Elke dame kon na hartelus hul uitleef in die maak van haar kaartjie.  Die dames van die Korrektiewe Sentrum het die VLV dames verras met hul oorspronklike idees.

Te gou was die oggend verby en die Die VLV dames het ook vir elkeen ‘n paar geskenkies as verassing uitgedeel.

Post a comment

5 × one =