Koppie vir Kanker

 

Koppie vir Kanker

Posted by VLV in Caledon Tak, News 04 Sep 2014

 

Sirkel:  Overberg

Tak:  Caledon

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Yvonne Pretorius

Datum:  4 September 2014

 

 

caledon

Liza Visage ( Leefstyl ) help met die voorbereiding van die eetgoed

 

 

caledon4

Maryke Malone van Kansa, Belinda Splash en Lize van der Walt in lawwe
luim

 

 

Donderdag, 4 September,  het ongeveer 60 dames die jaarlikse Koppie vir Kanker bygewoon.   Lize van der Walt, dogter van Wilna Snyman,  (of soos meeste van ons haar ken as Madel van 7de Laan) het  haar lewenspad met die dames kom deel.   As jong dogtertjie het Lize al baie mooi geteken maar het nie baie tyd daaraan bestee nie.   Wilna se eggenoot kon ook baie mooi teken.   Na ongeveer ‘n tydperk van 12 jaar in die buiteland en baie moeilike tye het sy weer teruggekeer na Hermanus waar Wilna woonagtig is.

 

 

caledon2

Die dames luister na Lize van der Walt

 

 

Verlede jaar was Lize ook gediagnoseer met borskanker.   Dit was gelukkig van so ‘n aard dat dit nie  nodig was om ‘n mastektomie te ondergaan soos haar moeder.  Hierdie ervaring het haar lewens pad ‘n heeltemal ander rigting laat inneem.  Sy het weer baie naby aan die Here gekom en ook weer begin om haar tyd aan haar skilderkuns te bestee.  Tydens die oordra van haar verhaal het sy ‘n skildery geskilder.   Hierdie skildery sal op die webwerf geplaas word om verkoop te word.  ‘n Persentasie van die verkoopprys sal aan Kansa oorhandig word.

 

 

caledon3

Lize van der Walt met haar skildery wat sy geverf het tydens haar
praatjie oor haar lewe

 

 

caledon5

Sandra Venter, Bestuurder Caledon Spa, Maryke Malone van Cansa, Wilna
Snyman, Lize van der Walt, Belinda Splash en Retha Skein, Voorsitter

 

 

Belinda Splash is ‘n physio terapeut en het ‘n praatjie gelewer hoe massering pyn van kankerlyers kan verlig.

 

 

Toeks Matthee, VLV lid, was die gelukkige wenner van ‘n spa behandeling geskenk deur  Sandra Venter, spa bestuurder by die  Caledon Hotel Casino en Spa.  Sandra het ook aan elke gas ‘n geskenkie uitgedeel.

 

caledon6

Gaste, Anna Badenhorst, Annatjie van Wyngaardt, Jean Burger, Marieta

Lourens, Rina Pienaar en Joye Hoffmann,  geniet die tee en eetgoed

Post a comment

four × 2 =