Kongres

 

Kongres

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 22 Aug 2014

Sirkel:  Kalahari

Beriggewer:  Nellie Viljoen

Datum:  19-21 Augustus 2014

 

Sirkel Kalahari en Noordwes-Kaap was vanjaar gesamentlik verantwoordelik vir die kongres.  Sewentien lede het reeds die vorige week die lang pad aangepak, gelaai met alles wat nodig was.

 

 

Die sprekers van formaat soos die ekonoom, Dawie Roodt, die skrywer, Riana Scheepers,  redakteur van Lééf, Christene Ferreira, en kosredakteur van Sarie, Herman Lesing,  het lede laat besef dat ook hulle vroue met visie is.

 

kalahari

Marietjie Steyn

 

 

By die kompetisies het lede hul staal gewys.  Marietjie Steyn van Vryburg behaal tweede plek vir masjienwerk, Christine van Heerden van Reivilo tweede plek vir beeldhouwerk en Corlie van Zyl derde plek vir breiwerk. Marthie Grobler, Carien van den Berg en Corlie van Zyl het ook sertifikate ontvang. Reivilo het die tweede meeste punte in die leefstyl-afdeling gekry.

 

kalahari 2

Christine van Heerden

 

 

Die stylvolle dinee en konsert was aangebied by Hoërskool Duineveld.  Nohline Grobler en Franz Geldenhuys se sang het iedereen bekoor.

 

 

 

Tydens die kuieraand het Kalahari laat waai met hul vertolking van ‘Eight days a week’ van die Beatles.

 

 

 

Post a comment

5 × 4 =