Kongres Oorsig

 

Kongres Oorsig

Posted by VLV in Aberdeen Tak, News 24 Oct 2018

Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Beriggewer: Lea van den Vyver

Datum: 2 September 2018

   

TEMA 2018: Laat ‘n voetspoor

PROJEK 2018:  Ruim Op – Plastiek ons vyand

 

 Kongres 2018 Terugvoer

  • Aangebied deur Sirkels Noord-Karoo, Suid-Karoo en Suid-Ooskus
  • By Goudini Spa, buite Worcester in die Wes-Kaap
  • Tema: Laat ‘n Voetspoor

 

Skriflesing – Ds WP du Plessis

  • Wat is jou kosbaarste besitting in die lewe?

  • Storie van man wat God aan die einde van sy lewe vra wat in die lewe het aan hom behoort – daar is dan niks wat hy kan saamneem nie.
  • God se antwoord is – elke oomblik wat jy geleef het…dit is jou kosbaarste besitting.
  • Moenie net in die verlede of toekoms leef nie – wees werklik teenwoordig in die hede
  • Leef bewustelik en in die oomblik!

 

Openingsrede – Laat ‘n Voetspoor – Ds Fanie Kriel

 

  •          Hoe lyk ons wêreld vandag?

* Skuif van groep na individu

– alles het oor die groep gegaan en nou gaan dit oor die individu en sy reg

– dis ook die rede waarom mense nie meer dinge in groepe doen nie

– selfs rugbystadions en kerke loop leeg& geen ontgroening van nuwelinge

* Skuif van gesag na rede

– mense aanvaar nie meer gesag nie – jou eie rede en opinie belangriker

– selfs bv kardioloog se diagnose word bevraagteken

* Skuif van tradisie na die hier en nou

– ons wil nie meer wag vir dinge nie / “instant gratification”

  • Toekoms, verlede en huidige tyd

* Onseker toekoms is wêreldwye tendens – lande en banke bankrot; klein terreurgroepe voer skrikbewind oor    groot nasies

* Vrese in SA sluit in grondregte, verval van platteland &jeug, veiligheid

* Samelewing bang en vreesagtig oor toekoms en weet ons kan nie terug nie

* Gevolg is 2 dinge geld vandag:

– hedonisme – genot van die oomblik

– nihilisme – sinloosheid en verwerp alles wat geloof vereis – het alles, maar is leeg binne/ niks om voor te leef nie

  • Situasie in SA

* Media gee net verslag oor die 10% aan die linker- en regterkant van die spektrum (dink aan statistiese klokgrafiek)

* Die 80% in die middel staaan nog in geloof en neem die land vooruit

* Solank die 80% kan saamstaan en saamwerk, is ons land OK

  • Hoe laat ons ‘n voetspoor?

* ons moet nie net vir self leef nie – staan hedonisme teë

* ons is hier om SA ‘n beter plek te maak

* Jes29:4-11 Here vra dat sy volk in Babel hulle eie en die stad se belange bevorder.  Hy beplan voorspoed, ‘n  toekoms en ‘n verwagting vir hulle.

* Ons moet ook aan die belofte vashou hier in SA.

 

Dankiepersoon 2018

Mnr Johannes Möller – 2008-2017 President van AgriSA…vir sy toegewydheid aan georganiseerde Landbou in SA.

“Daar is enorme potensiaal vir landbou in SA – voedsel moet produseer word vir onsself en vir uitvoere.  Vroue kan ook ‘n belangrike rol speel en opleiding is van kardinale belang.”

 

 

 

 

Portefeulje: Opvoeding &Kultuur

Romanda Viljoen, onderwyseres Worcester Gimansium

Inligting oor e-leer:

# Kan enige tyd, enige plek gedoen word

# Onderwyser se rol om leerders te motiveer en te laat saamwerk is belangrik

# “Teach through technology, not with technology”

# Elke leerder het laptop – handboeke daarop, gebruik ook vir mondeling

# Ook aktiewe witbord in die klas

# “Blended learning” vind nou plaas – kombinasie van tradisioneel en digitaal

# Skool het internet en wifi wat leerders kan gebruik om inligting af te laai

# Huiswerk word elektronies ingestuur en hoef nie gedruk te word nie

# “Google Classroom” – leerder log op enige plek in en kry die les, inligting en huiswerk daar (bv as siek is)

# “Gamification of education” – bv vasvrae oor werk wat soos speletjie werk

# Leerders ontwikkel die vermoë om baie inligting te verwerk

# Departement van Onderwys verskaf alles

 

 

Sirkel Kalahari – Volgende Voetspore

 

Die Sirkel stig ‘n Junior VLV waar meisies vanaf 12 jarige ouderdom kan aansluit.  Hulle kry weekliks naaldwerklesse en doen projekte

 

 

Portefeulje: Landbou &Tuinbou

Johannes Möller

  • Funksie van Agri SA is beleidsvorming (praat met regering) en om dit dan oor te dra sodat dit integreer kan word.
  • Handhawing van eiendomsreg is baie belangrik.
  • As ons dink dis nou moeilik om in SA te boer – dink mooi. Elke dekade het sy eie uitdagings en probleme gehad.
  • Glo dat die 2020’s die ontwikkeling van ‘n nuwe markgedrewe sosiaal verantwoordelike ekonomiese bestel sal sien.

  • Opleiding is ongelooflik belangrik – kan nie grond oordra aan ‘n gemeenskap en nie opleiding verskaf nie). VLV kan definitief ‘n groot rol daarin speel.
  • Arbeid en water is ook kwessies vir Landbou.
  • Landbou moet nie net vir die regering kyk vir hulp nie – help self deur private/ openbare samewerking en noodleniging.
  • Wêreldtendens is minder plastiek, olie en kunsmatige vessel gebruik en meer fokus op natuurlike vesels – geleentheid vir Landbou.
  • Ekonomiesie groei is belangrik vir SA en Landbou kan ‘n leier wees daarin.

 

 

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Pionierskool vir Siggestremdes

Pragtige musiekuitvoering deur verskeie leerders asook ‘n aanbieding oor die lewe van ‘n blinde deur 2 graad 7 leerders.  Inligting word ook gegee oor hoe daar van vroeg af gefokus word op orienatsie en mobiliteit van leerders.  Die Pionierskool benodig fondse om aan al die behoeftes van siggestremde leerders te voldoen.  Skenkings word verwelkom aangesien daar nie voldoende subsidies is nie.

 

 

Portefeulje: Leefstyl

Johané Neilson, Kosredakteur – Tuis tydskrif

Nuwe kostendense:

  • Eet gesond & goed
  • Gebruik minder alkohol
  • Eet “gut friendly” kos vir goeie spysvertering
  • Gebruik “vreemde” nuwe bestanddele – dis nou meer beskikbaar.
  • Hoe varser – hoe beter!
  • Bedien alles in 1 bakkie.
  • “Groen” is belangrik – bv papierstrooitjies.
  • Bespaar water.
  • Gebruik bier as geurmiddel.
  • Gebruik vars kruie.
  • Speel met kos – bv 1 kleur slaaie, stensil patrone op kos

Nuwe kookboek “Ta-Da” bekendgestel

 Neem van dekor foto’s:

  •      Staan stil, gebruik natuurlike beligting, kyk na die komposisie van jou foto, let op die                     agtergrond en tekstuur

 

 

Portefeulje: Gesondheid

Francois Grobbelaar, Stigter en CEO FASfacts                              

– Gee feite oor Fetale Alkohol Sindroom (FAS)

– Organisasie se missie om programme te implimenteer om

voorkoms van FAS te verminder.

– Babas word met breinskade gebore en dit kan nie herstel nie.

– Onderwysers onderrig hoe om FAS leerling te hanteer.

– Mentorskap vir swanger vroue om nie te drink nie.

– Program vir leerders om FAS feite oor te dra en hulle vroegtydig te leer.

– Internasionale FAS Dag is op 9/9 om die tydperk van swangerskap te simboliseer.

– Doen klokke-seremonie om mense wat die geluid hoor te herinner aan ongebore

babas wat beskerm moet word en nie alkohol moet inkry nie.

 

 

Portefeulje: Openbare Sake

Alida Jones, Drive More Safely                    

                

  • Sy vertel haar lewensverhaal en hoekom padveiligheid haar passie is.
  • Een seun pleeg selfmoord, ander seun sterf in ongeluk waarin ander drywer dronk is, man skei haar na 21 jaar.
  • Baie moeilike tyd volg, maar besluit om energie te fokus en positiewe bydrae te lewer.
  • Verwerf Siviele Ingenieursgraad op 60 en word 1ste vroulike persoon in SA wat Ongeluk Ondersoeke en Rekonstruksie doen.
  • Ontwikkel en dryf ook die “Drive More Safely” programme om veiliger voertuie, veiliger voetgangers en veiliger padgebruikers te bevorder.

 

Spesiale Toekenning – VLVK President, Karien van Schalkwyk

Lynette Martin van ons eie Sirkel Middelland ontvang die toekenning vir “Doeltreffende Sirkel- en Takbestuur”.

Veels geluk!!

 

Fotobeeld

 

Post a comment