
Kongres Inligting
Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Inligtingsoggend
Beriggewer: Alta Britz
Datum: 22 April 2015
Lede van die Worcester Aandtak: Doris Crafford, Senerita van der Walt en Elize Lotriet
Maria Stofberg tak het ‘n geslaagde inligtingsoggend ten opsigte van Konferensie 2016 se artikels aangebied. 36 Lede van 7 takke van die Worcester Sirkel het dit bygewoon. Elizabeth Cloete, een van die beoordelaars van Koekedoor, het eers baie interessant vertel hoe die program gemaak word.
Elizabeth Cloete en Elsa Lombard, Voorsitter van Ceres tak
Elizabeth het die masjien- hekel- brei en weefwerk behandel. Zelda van Heerden en Charmaine Lacroix het kuns en Joey Malan en Doris Crafford die gebottel en gebak behandel. Almal wat oor die verskillende artikels gepraat het, het dit telkens beklemtoon dat die aanwysings in die Huis en Haard van Februarie 2015 deeglik gelees moet word, voordat met ‘n artikel begin word. Almal was dit ook eens dat vroegtydig begin moet word.
Joey Malan demonstreer die maak van gevulde sjokolade
Charmaine Lacroix demonstreer die maak van ‘n blomkrans, gemaak van papierpulp eierverpakking.
Sunette de Villiers – Worcester Sirkel president
Almal is vol entoesiasme terug na hul takke en die dames glo die deelname gaan baie goed wees.