Kongres in Marietjie se woorde

 

Kongres in Marietjie se woorde

Posted by VLV in Announcements, Kongres 2014 21 Sep 2014

VROUE MET VISIE—2014

1. Met Ps 73 stel Ds Lezel de Jager ons gerus
Moenie dat bekommernis jou lewe versteur
Vertrou jou toe aan die Meesterskilder se kleur
En word deur  Sy vrede en vreugde gesus.

 
2. Dawie Roodt, Efficient Groep se hoofekonoom
Word toe mos vir sy duike en vlugte en spronge beloon
Met Suid Afrikaanse kleure in 2007.
Die gewaagde toertjies sal baie se broek laat bewe.

 
Hoe’s die ekonomie? Is die vraag van die dag.
Alle besluite is ekonomies van aard.
Selfs trou is ook een, so besin of wag!
So ook alle deurbrake: stadiges of die met ‘n vaart.

 
Daar’s twee belangrike dinge in die samelewing:
Hou dogters op skool—voed op en bemagtig
En vroue se arbeidstoetreding.
So sien ons dan dalk hier in SA ook die lig.

 
R160 miljoen word aan onderwys bestee
En nog word ons uitslae die slegste punt gegee.
Vaardighede bly belangrik—so, bly altyd by.
Op 55 jaar het jy die meeste om te bied
Sorg dat jul aan ondervinding  reg laat geskiet.

 
Suid Afrika se inflasie is 6.6
Hou dit onder die 6%– dis die wens.
Rentekoerse verlaag tydens die tendens
So draai dit om—dit maak mos “sense”

 
Werkloosheid is nie die probleem
Indiensneming is hier wel die endeem.
Geen armoedekoers—want daar’s te min rykes.
Skep geleenthede en kry so meer gelykes.

 
Die woord is glo spaar.
Om ‘n finansiële plan te hê is so waar:
‘n familieplan op skrif, hê en vind jou testament,
ken jou makelaar, lewensversekering altemit,
korttermynbeplanning—moenie langer luier
en heelaas, onthou tog van ‘n neseier!

 
Die finansiële instellings in SA is baie lukriet
Dis wat Sub Sahara- en wêreldmarkte ons bied.
So minister pasop, jul plaas te veel dempers
Bly weg van die privaatsektor, hul is die rykdomskeppers.

 
“Grants” is te veel, werksgeleenthede te min
Staat spandeer te veel, die in van belasting te min.
Dis ‘n dilemma, liewe minister
Jy is mos nie gebore eers gister!

 
3. Uit Keimoes se wêreld kom Johannes Möller
Die landbou se groot stoomroller
Hy ondersteun die minister oor voedselsekerheid,
Landbou ontwikkeling en sosiale verantwoordelikheid.
Ons produkte is veilig, voldoende en volhoubaar
Ons het goeie water en dis bekostigbaar.
Belê in opleiding en bemagtiging, doen ons so ‘n guns:
“If you think education is expensive, try ignorance”

 
4. ‘n Fees van rose en skitterende kristal,
kerse en silwer pragtig uitgestal
begroet ons tydens die dinee
wat sirkels Kalahari en NWKaap ons gee.

 
‘n Pragtige verjaardagkoek pronk
Tussen 85 kerse op die verhoog.
Hennie Coetzee stel in die heildronk
Terwyl menige ‘n emosionele traan wegdroog.

 
Terwyl Nohline en Franz ons vermaak
met  o.a. Liefling, The Rose en Karoonag,
geniet ons Oranjerivierkeller se vog,
petitfours en ‘n maal gedruip met onthoukossmaak.

 
5. Onder die klanke van ‘n suiwer noot
En blomme in die hand van ‘n meester
Word die vrou met bloedvloeiing begeester
Met haar genesing deur haar Wondergod.
Dié vrou met visie had ‘n nood so groot
Daarom staan niks in haar pad na haar Goddelike lot
Om verlos te word deur haar meester en Sy liefdesgebod.

 
6. Riana Scheepers, dié flambojante enkeling
Het toe die begrip VISIE aan ons gebring.
Nie nodig vir sieners, sigeuners of sangomas
Want wysheid, insig en selfvertroue is altemit van pas.

 
Luister na kundiges maar ook na kinders en kleinkinders
Na gewone mense, na volksmense: hul musiek en poësie
“Hy neem my ma se onderlyf soos ‘n psalm op sy lippe”
Luister af, maar skakel ook af- daar ver op die rante en klippe.
Hou op vra en luister na God se antwoord—dis Sy glorie.

 
7. Ek hoop my kleinkinders sal net die helfte van my dink
As wat Herman Lensing van sý ouma dink!
My ouma se kombuis is geure en smake en kos.
Haar soetpatat is “mean” en “cool” en dis wat ons soek.
So sê my pelle reg oor die wêreld volgens  “face book”
So ouma, jý is die “Postergirl” van alle onthoukos!

 

 

8. Moenie jouself vergelyk met ander vroue.
Ontdek wie jy is voor God, sê Jesaja.
Bly weg van die modewêreld se kloue
Aldus LEEF se redaktrise, Christine Ferreira.
“Be comfortable in your own skin”—dís selfrespek.
Hooglied verduidelik hoe om dit te ontdek.

 
9.  “Intellectuals solve problems but geniuses prevent them”
Begin met dié voorkoming reeds in jou huis.
Die mikrogolfoond is onskadelik daar in die kombuis
Jou yskas help met  bewaring: hou vars vleis van die bose
Filtreer jou water—Britta met koolstof of triosmose.

 
Broccoli bly bo, borrie verbeter bredie
Rooibostee is bobaas, omega 3 verryk Canola olie.
Geen transvette in Suid Afrika te bespeur, hoera!!
Maar, termiese kwitansiepapier en bababottels  is vrot van  BPA
Hoe nou, wat is volgende? Is al wat ons kan vra.

 
Dr Carl Albrecht ondersteun mieleimeel met ekstra foliensuur
Uiteindelik sal dit die kolon beskerm teen kanker.
10 keer meer wit vroue as swartes kry kolonkanker
So maak die kopskuif dames—dis nie eers so duur.
20% van mieliemeel  land in die kolon
Waar geen van die ander ontbytkosse ooit eers daar uitkom.

 

 

10.  ‘n Heerlike kuieraand deur almal geniet
Smaaklike kos, geselskap en hope pret
Gebob en gejive, gerap en geklops
En niemand  weet eers van die ander se flops.
Die drie bere en rooikappie het die dwergies verjaag
Die hoofbestuur het selfs volkspele gewaag.
So het almal luister aan die aand gebied .

 
11.  Na ses jaar verlaat Natania ons
Nou gaan dit eers op die internet gons.
Wat moet ons nou hier maak?
Sorry, dis nie meer my saak!!
Baie dankie vir jou onbaatsugtigheid
Jy’t ons nie net die rekenaar laat bemeester
Maar ons ook altyd met jou sprankel  begeester.
Mag jy geseën word met vrede, vreugde en beter gesondheid.

 
12.  Hoe neem mens  afskeid van ‘n ikoon
Wat soveel beteken het vir waarin sy glo.
Dankie is al wat ons kan sê, Erika.
Jy was waarlik ‘n president sonder weerga.
Ons salueer jou, dierbare sprankelvrou!!

 
Marietjie Albrecht
0836507657/021 9393632
marietjiealb@gmail.com

  • Ebenize Smalberger October 1, 2014 at 8:25 am / Reply

    Baie dankie dat ek Kongres kon beleef deur hierdie briljante bydrae. Mag VLVK van krag tot krag gaan, met baie nuwe idees. Beste wense uit Stilbaai SWD

Post a comment

16 + 13 =