Kongres 2014 – Algemene inligting

 

Kongres 2014 – Algemene inligting

Posted by VLV in Announcements, Kongres 2014 01 Jul 2014

SAKELYS AMPTELIKE OPENING

Kongres 2014 – Sakelys amptelike opening 2014

 

ALGEMENE INLIGTING

 

STALLETJIES
• VLVK-stalletjie:
VLVK-skryfbehoeftes
VLVK se 85 jaar gedenkskinkbordlap: Koste R120
Publikasie van die VLVK-geskiedenis van 2014 – 2104: Koste sal op die VLVK-webwerf verskaf word sodra gereed. Slegs bestellings sal gedruk word.
DVD: Powerpoint-aanbieding van die VLVK-geskiedenis en werksaamhede van 1929 – 2014: Koste sal op die VLVK-webwerf verskaf word sodra gereed. Slegs bestellings sal gemaak word.
VLVK- teelepels,  -suikerlepels,  -vurkies
VLVK-permanente    lisensiehouers
Handleidings: die Rooiboek, die Blouboek en die Groenboek
VLVK-resepteboek, KONTREIKOS PLUS Koste: R160

• LAPA met ‘n verskeidenheid boeke en ook o.a. dr. Riana Scheepers se boeke.

• Westfalia-avokado-olie

• Allerlei: geskenkies, handwerk, gebak, gebottel
Betaling by van die stalletjies is kontant, daar is geen kaartfasiliteite beskikbaar nie.
Die naaste kitsbank om geld te trek is die kitsbanke by die Mall, Village Shop.

 

KONGRESKOMPETISIES
Die inskrywings van die engelbeeld en die Fleur et Skoen sluit reeds die Maandag, 18 Aug., om 18:00.
Die inskrywings geskied by die Hoërskool Duineveld se Hotelskool.

Dinsdagoggend vanaf 08:00 sal tee/koffie en toebroodjies bedien word by die Volle Evangelie Kerk se kerksaal.

 

FOTOTYE

Dinsdagoggend:
• 07:45 vir 08:00: Sirkel Noordwes-Kaap
• 08:00 vir 08:15: Sirkel Kalahari
• 08:15 vir 08:30: Sirkel Weskus
• 08:30 vir 08:45: Sirkel Paarl
• 08:45 vir 09:00: Sirkel Overberg
• 09:00 vir 09:15: Sirkel NOK
• 09:15 vir 09:30: Sirkel Worcester
• 09:30 vir 09:45: Hoofbestuur
• 09:45 vir 10:00: Sirkel Namakwaland
Dinsdag tydens ligte ete van die amptelike opening:
• Sirkels Suid-Karoo, Sirkel Tygerberg, Sirkel Kaapstad
Woensdagoggend: 10:35 – 11:00:
• Sirkels: SWD, Noord-Karoo, SOK, Cradock
Woensdagmiddag: 13:00 – 14:00:
• Sirkels Kimberley en Distrik, Griekwaland-Wes, Middelland
Plek waar die foto’s geneem word:  op die verhoog van die Volle Evangelie Kerk se kerksaal.
Koste:
• Jumbo-grootte: R5
• A5-groepfoto: R15
• A4-groepfoto: R30
• DVD van die volle Kongres: R100 – geregistreerde posgeld ingesluit
• Die foto’s sal reeds met kongresverdaging gereed wees om afgehaal te word. Maak asseblief seker dat u dit afhaal, want dit gaan nie aangestuur word nie!

 

PROGRAM VIR DIE MANSUITSTAPPIE
•        Koördineerder: André Nel
•        Toerleier: Cobus van Heerden
•        08:00: Vertrek per bus van Volle Evangelie Kerk
•        08:30: Besoek kwekery van Marina Bothma, kweek van Kokerbome van saad
•        09:30  Tee en verversings by kwekery
•        10:00: Karstens Boerdery
•        12:00: Middagete geborg deur Karstens Boerdery
•        13:30: Vertrek na sonplaas
•        15:30  Vertrek na Bezalel vir wynproe geborg deur hulle
•        17:00: Vertrek per bus terug na die Volle Evangelie Kerk

Registrasie, die inskrywing van die Fleur et skoen en die engelbeeld vind plaas: die Hotelskool van die Hoërskool Duineveld –  regoor die straat [loopafstand] van die Volle Evangelie Kerk.
Uitstalling van die kompetisie-artikels: die Hotelskool van die Hoërskool Duineveld.
Kongres vind plaas: in die Volle Evangelie Kerk.
Die dinee en die konsert  vind plaas: Dinsdagaand om 18:00 in die skoolsaal van Hoërskool Duineveld.
Die kuieraand en verskeidenheidskonsert  vind plaas: Woensdagaand om 19:00 in die kerksaal van die Volle Evangelie Kerk.

Post a comment

1 × 1 =