Kongres 2012 in Digvorm

 

Kongres 2012 in Digvorm

Posted by VLV in Announcements, Kongres 2012 27 Aug 2012

Ds Smuts Janse van Rensburg vertel dat vlg 1 Kon 3
Vra Salomo: Here, gee my insig en wysheid
Tog net nie eiewaan en hoogmoed nie.
En daarom was hy ‘n koning sonder gelykheid.
Droom jy dan ook so oor jou ewigheidsaak
Dan kry jy die wysheid om juis nou, hier, ‘n verskil te kan maak.

Trevor Manuel verklaar: Ons is bekommerd,dierbare Suid Afrika!
Vat hande almal: wit, swart en bruin,
Daadwerklik, nou, regtig—en nie net vir die skyn.
Dan alleen sal ons die land wees wat ons wil—een sonder weerga!
Ruda Landman sluit dan hierby aan en neem ons op ‘n reis
Deur die geskiedenis van ons  land van toeka tot nou.
Stories van hulle en ons: pandok en paleis,
Natte en Sappe, grensoorloë en van onthou, baie onthou!
Deur 1994, Mandela, Biskop Tutu en (ek dink Zuma)
Maar toe ook,vanuit ons eie boksie, Dirk Coetzee.
Wat nou van my vooropgestelde idees, sê ek weer: ag toemaar?
Nee, Nee, Nee!! Kom nou uit daai gemaksone, neem vandag die eerste tree.

Jansen Delarosa Rautenbach
Maak films van 1960 tot laat in die tagtig.
‘n Formidabele persoon wat gesels met gesag
Is dié skepper van kultuur so kragtig.
Met baie emosie sê ons dankie, Jans,
Die VLV saluut jou as persoon met glans.

André Latsky, skoolhoof, ek beaam elke woord van jou,
Want jy deel my passie so getrou.
As droomskepper, droomdeler, droomheler,
Kan ons dalk ook wees die droomsteler.
So as opvoeder, ouer, grootouer—het ons dus elkeen ‘n plig-
Om geleenthede te skep: deel in hul vreugde maar ook as hul partykeer wil vlug!
Berei hul voor, leer hul dat wen  beteken nie altyd eerste,
Maar dat ondervinding en die leerproses tel dalk eendag die meeste
As heler is jy ook ‘n geloofskepper, ambassadeur van God.
So leer hul van rolle omruil, baie later, soos beskryf in die 5de gebod.

Mosstritch se Francois de Wet
Vertel ons van rooi vleis met baie min vet.
Dié voël verskaf ook nog vere en leer
Wat wêreldwyd vroue se kooplus nie kan keer.
Hier in die Suidkaap is SCOT, ‘n leerlooiery en slagpale
Wat werk verskaf aan 250 mense—wat werk vir die vale.
Ja—70,000 velle per jaar en tonne vleis
Word uitgevoer, en somtyds, soos nou, bly dit ongelukkig by die huis.

Hans Merensky, dankie vir jou droom
Dat  jy in 1929 alreeds geplant het die wonderboom.
Cholestrolvry, mono-onversadig, anti-oksidante
Vit E, Omega 3,6,9 hou ons gesond van alle kante!
Dis nou Westfalia se geurige avokado-olie.
Ons saluut jul wêreldwye glorie.
(en ek is tog die gelukkige wenner van ‘n doos-olie)

Sylvia Walker from Old Mutual told us how
To deal with our money now.
Take control of your finances—since
With old age come multi-tasking with a difference.
Look after you health—that is the key.
Can you, all at the same time, laugh, cough, sneeze and p—?

In Leefstyl vertel Truworths se Carl
wat elkeen moet doen om weer te straal.
Swart, stone, wit en grys is die basis in jou kas.
En dames, jul broeke moet pas, netjies pas.
Beweeg 2 vingers om in jou broek- soos ‘n brander
En luister, die 2 tesame, nie die 1 en dan die ander!
En onthou om op te hou mouloos dra
Nie as ander begin kla of vra
Maar as jou arm nog steeds waai
As jy reeds verdwyn het om die draai.

Sara Theron met haar verhoogsprankel
Is verseker vertroud met die VLV al lankal.
Met ‘n STORM IN ‘n D-CUP
Kook en bak sy sing-sing vir die grap.
Van haar OUMA SêRA
Se resepte wat diep was gebêre
ONTHOU sy: SKIL DIE TAMATIE
Gooi bietjie die, gooi bietjie daai
En dan maak sy haar mamma se slaai.
SIT AAN DIE KETEL
vir die vrou wat ons taal so met kleur en geur laat wemel.
Maar DIRKIE help, PURPLE RAIN
Kon ek nie google vanuit die VLV brein!

How positive can you get?
Nicky, I’ve never ever met anyone yet,
With more zest for life,
Through hardships and obstacles so rife.
You are a true inspiration
For everyone throughout our nation!
May Nicky’s Drive go from strength to strength
And may God bless you your whole life’s length.

Adri Nieuwenhuizen het deur vroeë opsporing borskanker oorleef.
Maar op dié kronkelpad van estrogeen tekort, depressie en bestraling
Het sy net aan haar Here bly kleef.
Vat my– of wys my Heer, waar die siekte my gaan bring.
Haar redding is toe al die tyd haar passie
Wat sy weer na 25 jaar uithaal uit sy kassie.
Nou is sy liedjieskrywer vir Select Musiek se Romanz
Ons Heer gee ons altyd ‘n 2de kans.

Hoe heerlik om te luister na die entoesiasme en opgewondenheid
Waarmee Ilze Harmse van Kindermusik ons vermaak het.
Jy het ons regtig inspireer
Om ook weer met ons kleinkinders op musiek te konsentreer.

Kinderkunskaartjies by die dosyne
Genoeg vir nog projekte tot die wederkoms.
Jul kreatiwiteit het die saal laat gons.
Baie geluk aan die wenners, kom hul nou van my tak of joune!

Berta was ‘n meisietjie klein en fyn
En vra: Jesus, maak my hartjie rein.
Hy plaas  haar hand in die van haar droomman, Hansie.
En jare later, deur ‘n skoen, gee God haar nog ‘n kansie.
Hy beskerm haar en plaas haar onder Sy vlerk.
Saam met Jacques, deur nuwe drome hou Hy haar sterk
2 seuntjies verseël hul drome saam.
As gesin prys hul nou Jesus se naam.

So kom ons dan aan die einde
450 siele van oral en heinde.
Hier by die 83ste kongres: 2012
was ons op die hande gedra, ‘n heerlike kuierbederf.
Dankie SWD en Hartenbosch
Vir 3 dae se see, bietjie son, baie koue en die lekkerste kos.
Volgende jaar sien ons jul dan DV weer
Dan is ons, Tygerberg, jul gasheer.
So ry veilig, onthou om te google, (hou veilig jou muis) en alle dank aan ons Liewe Heer.

Marietjie Albrecht
Panorama Tygerberg
0836507657

Post a comment

three × five =