Konferensie in Douglas

 

Konferensie in Douglas

Posted by VLV in Announcements, Uit Die President Se Pen 14 Mar 2012

Sirkel Kimberley en Distrik se 79ste Konferensie het saamgeval met die 80ste viering van die Douglas tak en het die tak nou uitgehang! Die VLV-manne het skouer aan skouer met hul vrouens gewerk. Ek haal regtig my hoed vir die mans af. Sonder ons mans, kan ons nie vir die VLV doen wat ons alles wil doen nie. Ons het hulle heelhartige ondersteuning nodig! Hier is Douglas tak se verjaarsdagkoek.   

Die openingspreker was Anneke Blaise, redakteur van die TUIS-tydskrif. Sy het beklemtoon dat die dinge wat saak maak nie ‘n spoghuis, ‘n reuse tuin van ‘n ha of twee, ‘n blink slap motor of ontwerpersklere is nie, maar om met min geld en kreatiwiteit jou huis in ‘n knus tuiste en ‘n veilige hawe vir jou familie te kan omskep. Verder moet ons brugbouers vir ons medemens wees soos die barmhartige Samaritaan!  

LNR Erika Lubbe (VLVK President), Anneke Blaise (redakteur van TUIS-tydskrif en openingspreker), Marié Wilmans (Sirkelpresident Kimberley en Distrik), Christel Steenkamp (Sirkelpresident Sirkel Griekwaland-Wes).

  

Lindie Strydom was die spreker vir die aand en het o.a. vertel van haar droom om Steven Edwards se meisie in Egoli te speel, hoe die Here haar droom bewaarheid het en haar weer verder gelei het om vandag ‘n brugbouer vir Armoede in SA te wees.  

Van links agter: Mnr. Niel de Klerk (GWK – borg van Huis en Haard ), mev. Linzetta Smit (gasvrou van die Konferensie), Lindie Strydom (gasspreker), mev. Marié Wilmans (Sirkelpresident Kimberley en Distrik), Erika Lubbe (VLVK President), mnr. Johann van Dyk (besturende direkteur van GWK – een van die borge van die Konferensie).

Blomme, vrugte en groente pragtig kombineer om hierdie treffende rangskikking te maak vir die spogdinee. 

Die Douglas tak se span wat die pragtige blomme gedoen het, die kos vir die dinee gemaak het, die tafels versier en gedek het, opgeruim en opgewas het. 

Post a comment

nineteen − eleven =