Kompetisie Tyd

 

Kompetisie Tyd

Posted by VLV in Lady Grey Tak 10 Sep 2015

 

Sirkel:  NOK

Tak:  Lady Grey

Portefeulje:  Pret!

Beriggewer:  Isabel du Toit

Datum:  10 September 2015

 

 

DSC03280

Louwtjie Naude speel pluimbal

 

 

Na die suksesvolle 80ste verjaarsdagviering in Augustus het vyf nuwe lede aangesluit! Dit maak die tak ‘n baie positiewe en opgewonde tak!

 

 

DSC03320

Rene Vorster slaan bottles om

 

 

September was “groepskompetisie-tyd” in Lady Grey en die ses studierigtings se Saamroepers en lede moes teen mekaar kompeteer.  Elke lid in die groep het 1 minuut tyd gehad om ‘n sekere taak te voltooi, o.a. krale inryg, pluim met raket slaan, boontjiesak gooi, ballon bars, en bottel met  tennisbal omslaan.    Onnodig om te sê, dit was groot pret, en die wenner was…….?? Dit sal tydens die afsluitings vergadering aangekondig word.

 

 

DSC03285

Ons oudste lid: Hendrieka Diedericks (92 jaar jonk)

 

Post a comment

3 − 2 =