Kombuisgodin-bederf

 

Kombuisgodin-bederf

Posted by VLV in Bonnievale Tak, News 21 Jun 2014

Sirkel:  Worcester
Tak:  Bonnievale
Beriggewer: Gesina de Wet
Datum: 21/06/2014

Saterdagoggend breek as ‘n perfekte wintersoggend aan en net so lieflik het die kombuisgodinne gelyk. Uitgetof in hul mooi-moois het 48 huishulpe opgedaag vir ‘n lekker kuieroggend. Pragtig gedekte tafels, tydskrifte en geskenkblikke begroet die dames.

Digimax A50 / KENOX Q2

‘n Paar gaste wag vir die oggend se verrigtinge om te begin.

 

Nadat Hetta Meiring die verrigtinge op gepaste wyse geopen het, het Ina Herder, ‘n graad 11 leerder van die Hoërskool Bonnievale, die oggend nog mooier gemaak met haar lieflike stem.
Elmarie le Roux wys die dames hoe om ‘n serp met jou arms te brei met T-hemp materiaalstroke wat by die plaaslike landbou koöperasie te koop is. Vier gelukkige dames wen toe ook elkeen ‘n serp. Ina tree weer op en moes onder luide toejuiging elke keer nog sing.

Digimax A50 / KENOX Q2

Elmarie le Roux wys hoe om ‘n serp te brei.

Heerlike eetgoed word bedien, waarna die hoofdis van die dag aan die beurt kom. Porchia Adams van Agri Expo spreek die dames toe oor hul waarde as vrou. Sy wys op die verskillende rolle wat die vrou in haar huis en gemeenskap moet vervul, naamlik opvoeder, verpleegster, moeder, eggenoot, ens. Sy maan hulle om nooit te vergeet om hulself ook na waarde te skat, om ook soms aan hulle self te gee en te vat.

Digimax A50 / KENOX Q2

Porchia Adams van Agri Expo (links), Ina Herder en Gesina de Wet.
Na al die bedankings word ‘n paar gelukkige trekkings gemaak en gaan die vrouens huis toe met sielsgeskenke, ‘n dag van agteroor sit en ook ‘n slaggie se bederf . Blikke en sakke vol geskenke sal help om die dag se bederf so ‘n bietjie langer te laat aanhou.
Toe moet die mevrouens ‘n slaggie hande in seepwater gaan steek om op te ruim.

Post a comment

eight − 3 =