Koekedoor

 

Koekedoor

Posted by VLV in Gebeurlikhede, News 23 Sep 2014

koekedoor3

Aandag alle VLVK-baasbaksters:

 

Hier is goeie nuus vir alle Kokkedoor liefhebbers!

 

kykNET is trots om ‘n handelsmerk-uitbreiding van Kokkedoor aan te kondig. Koekedoor is ‘n splinternuwe bakkompetisie en inskrywings open Maandag 8 September.

 

kykNET en Koekedoor is op soek na die land se beste mees veelsydigste amateurbakkers.  Die nuwe program sal bestaan uit 10 deelnemers wat meeding en elkeen 3 uitdagings per episode moet voltooi. Net soos Kokkedoor val die fokus op tradisie en vernuwing, maar word daar nie in spanne meegeding nie. Kontantpryse, ‘n nuwe voertuig geborg deur Honda asook weeklikse pryse is op die spel in die soektog vir die eerste Koekedoor.

 

Daar is iets baie spesiaal aan bakwerk. Die afmeet en weeg van uiteenlopende bestandele tot ‘n volmaakte produk wat met vernuf afgerond en voorgesit word. Bak is ‘n groot deel van ons Afrikaanse geskiedenis; of ons lag of huil, troue- of begrafnis hou word daar deurlopend gebak. Daar bestaan ook so ‘n ryk skatkis van wenke en tegnieke wat deur generasies heen mondelings gedeel word. Koekedoor wil bakwerk vier en die kos-rewolusie van Kokkedoor voorsit met tradisionele en vernuwende denke.

 

Die term “bak” verwys na die voorbereiding en bak van produkte soos brood, koek, soetgoed, pasteie, terte, beskuit en koekies.

 

Is jy Suid-Afrika se volgende bo-baas bakker? Inskrywingsvorm kan op kykNET se web afgelaai word.

 

http://kyknet.dstv.com/

 

Vir enige media navrae oor Koekedoor kontak asseblief vir Suzaan Keyter

Per e-pos: suzaan.keyter@gmail.com of op 079 9100 385

 

Praat saam

Twitter: @kykNETtv @KokkedoorApp  #Koekedoor

Facebook: https://www.facebook.com/Kokkedoor?ref=br_tf

 

Koekedoor – Ontmoet die beoordelaars

Die soektog vir die land se beste mees veelsydigste amateurbakkers het begin. Inskrywings vir die splinternuwe Koekedoor, waar 10 deelnemers sal meeding vir ‘n nuwe voertuig geborg deur Honda asook kontantpryse het vroeër die maand geopen.

Tydens Koekedoor, ‘n handelsmerk-uitbreiding van die suksesvolle Kokkedoor, gaan deelnemers elke week uitdagings moet voltooi  wat die bak van produkte soos brood, koek, soetgoed, pasteie en terte insluit.

Die nuwe reeks spog met 3 beoordelaars wat spesialiseer in die tradisies, tegnieke en vernuwende denke ten opsigte van bakwerk.

Hiermee stel ons graag die drie beoordelaars van Koekedoor bekend;

Mari-Louis Guy; Hierdie ma van drie het nie net al regoor die wêreld gebak en brou nie, maar is ook baie bekend as kos stilis-koek-ontwerper-skrywer- en blogger. Mari-Louis en haar broer Callie is alombekend vir hul suksesvolle resepteboeke soos Koeke ter viering van liefde en lewe (2009) Markdag (2012) en Onthaal op groot skaal (2013)

Elizabeth Cloete is vandag een van die 4 beoordelaars op die VLVK beoordelaars-paneel. Sy het ‘n Bsc-graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi en haar loopbaan as Biologie onderwyser begin. Dit was nadat sy en haar man hul familieboerdery in Kraaifontein oorgeneem het, dat Elizabeth met VLV-kursusse begin het.

Tiaan Langenegger is bekend aan kykers as een van die wenners van Kokkedoor 1.  Hy het sy Pattisserie sjefdiploma Cum Laude verower aan City and Guild.  Van die ouderdom van 16 kook Tiaan al die land aan die brand en het hy al verskeie kompetisies gewen. Hy en sy Kokkedoor-maat Mynhardt is ook die aanbieders van die gewilde program Makietie op kykNET.

Inskrywings vir Koekedoor sluit 30 September 2014.

Post a comment

six − one =