Knap vroue deel hul kennis met Klein Brakrivier

 

Knap vroue deel hul kennis met Klein Brakrivier

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak, News 25 Apr 2018

Sirkel: SWD

Tak: Klein Brakrivier

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum van vergadering: 24 April 2018

 

Die Leefstyl portefeulje onder leiding van Miens Willers het vir Aprilmaand se bymekaarkom die lede en gaste met ʼn verskeidenheid aanbiedings verras het.

 

Fritz en Anneke van Black Vanilla het ʼn informele modeparade aangebied om die stylevolle vrou ʼn paar nuwe idees vir die klerekas te gee.

 

Tannie Heleen Swanepoel (wat die vorige maand ʼn allemintige 90% vir ʼn uitstekende kwilt inskrywing in die kompetisie gekry het), het hierdie keer kom wys hoe om materiaal blomme te maak. Sy het ook vertel van ʼn gebreide kralehandsakkie werksessie, wat binnekort gaan plaasvind.

 

Delville du Plessis, het so ʼn uitstekende braaivleis tafel gedek, al wat gekort het, was die braaivleis!

 

Voorbeeld van ‘n gebreide kralehandsakkie

 

Vrolik gedekte tafel vir ‘n braaivleis

 

Veldblomervaring: ‘n inskrywing vir die blommekompetisie

 

 

 

Post a comment

sixteen − thirteen =