Kleurvol en Kreatief

 

Kleurvol en Kreatief

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak, News 27 Feb 2020

Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Portefeulje:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Lydie Terblanche

Datum:  25 Februarie 2020

  

KLEINBRAK VLV-TAK: KLEURVOL EN KREATIEF

Hope pret, baie inspirasie, kuier, koek, kunstig- en kreatiewe samesyn! Dit kan alles Kleinbrak VLV-tak se Kuns-portefeulje byeenkoms op Dinsdag 25 Februarie beskryf.

 

Delville du Plessis het namens die tak almal by haar prag teetafels verwelkom terwyl inspirerende vroue uit die gemeenskap hulle vaardighede en passies met lede en gaste gedeel het.

 

Die talentvolle Val Thomson (ook lid van die Groot Brak Bewaararea), het die basiese beginsels van paper mache aangebied as deel van die voorbereiding vir die jaar-end masker kompetisie.

 

Pragtige Layla Belle Davies, self ‘n pryswenner van refleksie fotografie,  het selfoon foto-wenke gegee en was ook die amptelike fotograaf wat die dag vasgelê het.

 

Kreatiewe en altyd inspirerende Marietjie Bam, oud VLV-lid, se tafels vir elke geleentheid het almal gaande gehad.

 

Kunstige Rolina Lerm, Oudshoorn VLV-lid, het pragtige tuin loop-klippe gemaak.

 

Comien Kok van Mos-Mooi in Kleinbrak, altyd gewillig en betrokke by die gemeenskap, het dames ‘n verskeidenheid verftegnieke geleer.

 

Stylvolle Petro Botha, bekende in Mosselbaai het die gewilde “Dutch Pouring” werkwinkel, wat hope aandag getrek het, aangebied.

 

Sprankelende Edna Myburgh, bobaas koekbakster, het die allermooiste cupcakes versier en saam met Ina Greef, lede se pogings beoordeel.

 

Die dag het beslis vrouwees in al sy fasette gevier!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deville by haar prag teetafels

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vriendelike Rolina gesels oor tuin loop-klippe

 

 

Comien Kok en Marietjie Bam is ou vriendinne

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ina Greef beoordeel die tak se cupcakes

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Petro Botha maak gereed vir haar ‘Dutch Pouring’ werkwinkel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gerda, een van Kleinbrak Tak se lede, druk besig met haar ‘Dutch Pouring”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Comien in aksie by haar handvlyt verftegniek werkwinkel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daleen Cloete, Kleinbrak Tak-lid, doenig by Comien se tafel

 

 

Een van Rolina se pragtige loop-klippe

 

 

 

 

 

 

 

Fotograaf Layla Belle Davies

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Edna Myburgh van die cupcake werkwinkel, gesels met Lichen, een van die gaste

 

 

 

Leave a Reply