Kleinmond vier erfenisdag op gepaste wyse

 

Kleinmond vier erfenisdag op gepaste wyse

Posted by VLV in Kleinmond Tak, News 25 Sep 2019

Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Datum: 24 September 2019

Beriggewer: Hermien Van Zyl

 

 

Kleinmond-VLV vier Erfenisdag, gehoed en gehandskoen, soos van ouds!

 

Cecile Jonkheid, voorsitter en Annie Jooste, vise-voorsitter lyk alte deftig

 

 

September se maandvergaderingdatum het op Erfenisdag geval, maar die VLV-lede van Kleinmond het besluit om eerder die dag te vier as die datum te verskuif. Netjies aantrek is ‘n VLV-erfenis en daar is besluit dat almal sal hoede opsit. En hoe deftig was die dames nie!

 

 Peggy van Tonder, Essie Groenewald en Ria Coetzee opgedress vir VLV!

 

Om ons kos-erfenis te vier, kon die lede en gaste eet van die keurigste van fyngebak, geborg deur Medtronic, en voorberei deur Stoep Café, gewilde restaurant op Kleinmond. Hierdie keurige eetgoed is gekomplimenteer deur die ongelooflike mooi blommeranskikkings gedoen deur Adri Cooper-Du Plessis van Floreer.

 

 

 

 

 

 

 

 

Alet Fourie staan by die teetafel vol heerlike eetgoed

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Nader skoot van die keurige eetgoed

 

Medtronic is die vervaardiger van die Kyphon Balloon Kyphoplasty-metode wat deur die gasspreker, dr. Francois Wahl, bekende rugchirurg van Vergelegen Medi-Clinic, gebruik word. Dr Wahl pas veral hierdie metode toe op pasiënte wat a.g.v. osteoperose rugfrakture opdoen. Hy verduidelik aan die hand van ‘n power point-aanbieding hoe die graad van osteoperose rugfrakture veroorsaak. Alle vroue, veral dié oor 50, moet ‘n beendigtheidstoets aflê om te bepaal hoedanig osteoperose die beensterkte verswak het, want as jy osteoperose het, gaan jy ‘n fraktuur opdoen. Die ballonmetode is ‘n minimale indringende behandelingsmetode waartydens die werwel deur die gebruik van ortopediese ballonne gelig word en sement in die holte geplaas word wat dan die werwel en die omliggende been ondersteun om verdere ineenstorting te voorkom. Jy kan ‘n rug met pyn ook erf!!

 

Dr. Wahl saam met Adri Cooper-du Plessis en Roedeen Wahl

 

 

 

 

 

 

 

 

Denis Kaplan saam met Roedeen Wahl

 

Kinders wat voordra is ook ‘n VLV-erfenis en Denis Kaplan het die tannies oorrompel met sy voordrag en  vertolking van I Lampen se “Ongerymde Nalatenskap”.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hermien van Zyl, saamroeper vir Landbou&Tuinbou, het ‘n karton met drie inheemse plante en twee bakkies gazanias, deel van ons planterfenis, namens die tak, oorhandig aan Magdaleen Brits wat op haar eie verantwoordelik is vir die verfraaiing van Kleinmond se parkeerareas by die strandgebied en elders. Daarmee sluit die tak Boomplantmaand af.

 

 

 

 

 

 

 

 

Hermien van Zyl (links) oorhandig die plante aan Magdaleen Brits.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Maar Braaidag is ook gevier met ‘n uitlootpakkie geborg deur Walker Bay Spice (4 soorte braaivleisspeserye, potbroodmeel en bier!) en Susan Marais was die gelukkige wenner.

 

Susan Marais, die gelukkige wenner van die Walker Bay geskenkpakkie

 

Maar die lede het ook nie vergeet dat dele van ons land in ‘n droogte-wurggreep vasgevang is nie, en het sakke vol bederfgoedjies gebring wat in pakkies opgemaak gaan word vir vroue/VLV-lede in daardie gebiede.

 

Die sakke vol bederfgoed op die verhoog.

 

Hermien van Zyl het kortliks vertel van hulle onlangse uitgebreide treinreis met die Trans Siberiese trein vanaf Moskou tot in Vladiwostok, ‘n afstand van 9300 km! Afklimpunte by 4 dorpe/stede het hulle in aanraking gebring met van die kultuurgroepe in Rusland soos die Kosakke en die Mongoliese groep buiten die gewone Russe. Sy was getref hoe Europees-beskaafd die land en sy mense is, maar ook hoe hulle hul kultuur bewaar. Sy doen ‘n beroep op lede om ook op te staan vir ons kultuur en beskawing en dit aan ons kinders oor te dra.

 

Ons kan leef in ‘n Afrikaland sonder om beskaafde norme prys te gee.

 

 

 

 

 

 

 

 

Die verhoograngskikking

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rangskikking vir die tafel

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply