Kleinmond sluit af in Gatsby Styl

 

Kleinmond sluit af in Gatsby Styl

Posted by VLV in Kleinmond Tak, News 24 Nov 2017

Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Datum: 23 November 2017

 

Kleinmond-Vlv herleef die 1920’s in Styl

 

Kleinmond-VLV se afsluitingsontbyt het ‘n Gatsby-tema gehad, en watter geleentheid was dit nie vir die dames en here om te pronk met vereboas, stringe pêrels, kopbande, strikdasse en two tone-skoene nie. Met hulle sangduet het Hanlie Haasbroek en Roelien van Altena genoeg swing en Charleston-ritme gebied om almal se tone te laat kriewel. Sjampanje het gevloei en daar was selfs enkele elegante sigaretkokers te bespeur!

 

Essie Groenewald, Susan Marais en Isabel du Plessis

 

 

 

 

 

 

Die gasspreker van die oggend was mev Karien van Schalkwyk, VLVK-president wat ‘n dag van haar vakansie afgestaan het om Kleinmond te besoek. Sy en haar man, Gerrit, is met entoesiasme ontvang en die lede en gaste het aandagtig geluister toe sy die ander kant van die nostalgiese 1920’s geskets het: verarming en onkunde a.g.v. die nadraai van die groot Griep van 1918, veral op die platteland. VLV het ‘n diepe verbondenheid met georganiseerde landbou sedert daardie tyd, want hulle het die probleem geïdentifiseer en huishoudkundiges in Kanada laat oplei om in Suid-Afrika voorligting te kom gee. Daar het dit nie opgehou, want in 1929 gee hulle weer £25 om ‘n kongres te reël waar al hierdie splinter-organisasietjies wat oral ontstaan het, sinvol saamgevoeg kon word om vooruit te gaan. Dit lei op 15 Oktober 1929 tot die stigting van die Vroue-Landbouvereniging van die Kaapprovinsie (sedert 1994 Kaapland) op Franschhoek.

 

Mev Karien van Schalkwyk aan die woord

 

 

 

 

Hulle het toe al gestalte gegee aan VLVK se huidige tema “Môre begin Vandag” en ons moet die afskeidsboodskap van mev Jossie Ackermann, die eerste VLVK-president steeds uitdra “Let us build carefully for the years we shall not see………….”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mev Karien van Schalkwyk (middel) saam met Cecile Jonkheid (voorsitter, links) en Rienie Ludick (Overberg se sirkelpresident)

 

 

 

 

 

 

 

Voorsitter, Cecile Jonkheid en Marianne de Wet

 

 

Voorsitter, Cecile Jonkheid met weerskante Cobus Conradie (links) en George, die tak se blommebeoordelaars.

 

 

 

 

 

 

Hermien van Zyl en Elizette Bosman

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Johan de Klerk het die prys gewen vir die beste Gatsby-uitrusting. Hier is hy saam met sy vrou, Ruanda, taksekretaresse.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die gaskunstenaars Roelien van Altena en Hanlie Haasbroek

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                                                       Aan die roer van sake: Annie Jooste (vise-voorsitter) en Cecile Jonkheid (voorsitter)

 

 

Heel gepas het mev Van Scalkwyk ook die wenlootjie getrek van die uitlootpakkie waarmee VLV-Kleinmond fondse ingesamel het vir die landbougemeenskappe in die droogtegeteisterde gebiede. Die R3000 wat ingesamel is deur lootjielyste by verskeie besighede te plaas, sal saam met die ander Overbergse takke se bydraes aan Agri Wes-Kaap oorbetaal word om diesel te koop vir die aanry van voer na hierdie gebiede.

 

Mnr J Hart, (regs) wenner van die VLV-uitlootpakkie neem dit in ontvangs van Jaco Burnett van Werner’s Slaghuis waar hy die lootjie uitgeneem het.

 

Post a comment

13 + 5 =