Kleinmond “reis” na Melbourne

 

Kleinmond “reis” na Melbourne

Posted by VLV in Kleinmond Tak, News 30 Jan 2019

Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Datum: 29 Januarie 2019

 

 

Volgens takgebruik van VLV-Kleinmond, word die eerste vergadering elke jaar deur die bestuur aangebied. Vanjaar het hulle die klem laat val op Melbourne, die hoofstad van die staat Victoria in Australië, waar die driejaarlikse Konferensie van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue vanaf 3 – 10 April 2019 gaan plaasvind. Elke lid en gas is by die deur met ‘n Australiese vlaggie verwelkom. Mev Karien van Schalkwyk, VLVK-president is ons organisasie se afgevaardigde en sy word vergesel van drie waarnemers. Een van hulle is Hermien van Zyl, Kleinmond-tak se saamroeper vir Landbou&Tuinbou. Hermien het hierdie vooruitsig met die taklede gedeel en meer vertel van die affiliasie van VLV by die WBPV asook enkele interessanthede van Australië en Melbourne spesifiek, met die lede gedeel. Sy het dit toegelig met ‘n uitstalling van aandenkings uit Australië, ‘n kaart van die land, handwerk van Aussie “VLV”-lede en Aborigini-kunswerk. Almal het lustig “Song of Peace”, Wêreldbond se lied, en “Waltzing Matilda”, saamgesing. Lamingtons, ‘n tipiese Australiese teelekkerny, was op die kompetisielys en lede kon ook tydens teetyd proe hoe smaak die variasie wanneer die Aussies die lamington deursny en die helftes met konfyt, geklopte room en ‘n vrug versier. Ria Coetzee se treffende gebruik van agapanthus in die verhoograngskikkings het die aandag gevestig op hoe wyd hierdie Suid-Afrikaanse blom in Australië voorkom – soveelso dat dit dáár as “Aggies” bekendstaan en as inheems beskou word!!

 

 

Jean du Toit, samesteller van ‘n boek oor die geskiedenis van Kleinmond, en ’n ontvanger van ‘n VLV-toekenning aan die einde van 2018, het van die interessante foto’s in die boek vir die lede op die grootskerm vertoon en almal kon bietjie terugloop op die voetspore van die pioniers van Kleinmond.

 

 

Cecile Jonkheid, voorsitter het jare-dienskopies oorhandig aan die vier lede wat daarvoor kwalifiseer.

 

Vrolike VLV-lede word by die saal verwelkom. V.l.n.r. Tienie Symington, Anina Schulze, Anne Meershoek(voor), Marie Thomas, Ans de Kock en Daphné Loots.

 

Harriet Visser, nuwe VLV-lid, besig om die vlaggies te maak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die uitstalling van Australiese interessanthede.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die variasie op gewone lamingtons by die teetafel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jean du Toit voor die skerm met die blommerangskikking van agapanthus regs.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jean du Toit saam met voorsitter Cecile Jonkheid.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Louise Bruwer, regs, het die opening waargeneem. Nelie Ungerer sit links.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bertha Gouws, Cecile Jonkheid se ma, 90,(voor) het onlangs na Kleinmond verhuis en was ‘n spesiale gas. Agter staan Cecile (links) en Chrissie Kelly.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jare-diensknopies is deur voorsitter Cecile Jonkheid (heel regs) oorhandig aan v.l.n.r. Reinette van Niekerk (50), Myra Barnard (45), Joyce Botha (25) en Thea Brits(10)

Post a comment