Kleinmond hou ‘n spogtee

 

Kleinmond hou ‘n spogtee

Posted by VLV in Kleinmond Tak, News 25 Feb 2018

Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Datum: 24 Februarie 2018

Beriggewer: Hermien Van Zyl

                             

                               Kleinmond-VLV se High Tea

Meer as 150 vroue, sommige van elders in Overbergsirkel en ander as VLV-lede se vriendinne, het op Saterdag 24 Februarie ‘n heerlike VLV-damesoggend in die NG Kerksaal bygewoon. Op die spyskaart was die keurigste VLV-fyngebak, Fanie de Jager met sy Gè Korsten-stem en keuse van musiek om die hartsnare te roer asook die vroulike herfsmodes vir alle ouderdomsgroepe van Jade&Velvet-boetiek in Somerset Mall.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die gaste is in die voorportaal verwelkom deur hierdie pragtige rangskikking deur Daphne Loots, langsaan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

En heerlike glasies yskoue vrugtesap deur

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Annatjie Liebenberg, sirkel Overberg se sekr/tes het as bewonderaar van Fanie de Jager al die pad van Gansbaai af gekom om die tee by te woon en die kans benut om vir hom ‘n glasie aan te bied vir sy droë keel!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Cecile Jonkheid(takvoorsitter) by die loopplankrangskikking deur Japie Truter, vriend van die VLV.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die geleentheid is behoorlik gedokumenteer deur Ilna Grobbelaar (links) fotograaf van die plaaslike Overstrand Herald en Alice van Rooyen VLV-mediapersoon en fotograaf.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog ‘n foto van die heerlike eetgoed op die tafels

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

V.l.n.r. staan Anita Steenkamp, Lentie Knott en Hendrien Davie reg om die gaste te bedien.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die vier modelle van Jade&Velvet vertoon aanddrag as deel van hulle Herfsreeks. Moeders en dogters kan saamdra aan hierdie 100% Suid-Afrikaansvervaardigde klere en juwele.

 

Die uitstalling van Jade&Velvet se juweliersware het baie aandag van die vroue geniet. Hier bewonder/begeer Dona Brand(links) en Mireille Nel(regs) die mooigoed saam met Marisa Morkel van Jade&Velvet.

 

 

 

 

 

 

 

 

Gelukkige nommers is aan die einde van die oggend getrek en Gerda Harding, Mireille Nel, Ria Coetzee en Carlotte Kiesling was van die gelukkiges om geskenkpakkies en koopbewyse van Jade&Velvet te ontvang. Hier oorhandig Cecile Jonkheid(voorsitter), Carlotte(regs) se R500-koopbewys aan haar.

 

Post a comment

fifteen + 15 =