Kleinmond bederf vele op Melktertdag

 

Kleinmond bederf vele op Melktertdag

Posted by VLV in Kleinmond Tak, News 28 Feb 2019

Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Gebeurtenis: Nasionale Melktertdag

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Datum: 27 Februarie 2019

 

Melktertdag is óók ‘n Erfenisdag!

 

Nasionale Braaidag mag vir die mans ‘n viering van hulle erfenis wees, maar op Nasionale Melktertdag vier die baksters van die VLV-tak van Kleinmond beslis húlle erfenis – met instansies in die dorp wat deel in hierdie lekkerte. Vanjaar was die derde jaar dat die lede melkterte gebak het vir 27 Februarie en dit gaan afgee het by verskeie openbare instansies in die dorp.

 

Bo-aan die lys van ontvangers was die 30 personeellede en werkers van die Harold Porter-Natuurtuin in Bettysbaai. Die brand wat kort ná Nuwejaarsdag baie huise in Bettysbaai vernietig het, het ook groot skade aan die natuurtuin aangerig, en die VLV het gevoel hierdie mense verdien om ná hulle trauma bietjie bederf te word. Daarom het Hermien van Zyl (taksaamroeper van Landbou&Tuinbou) en van haar groepielede, 10 melkterte daar gaan aflewer. Dit was ‘n heerlike verrassing vir die werknemers wat juis almal byeen was vir ‘n opleidingsessie – melktert vir elfuur en vir vieruur!!

 

Lisbé Badenhorst (taksaamroeper vir Gesondheid) en haar groepie lede het gesorg vir die personeel by Kindersorg, terwyl Annie Jooste, vise-voorsitter en saamroeper vir Kunste&Handvlyt, by die biblioteek en die plaaslike koerant, die Overstrand Herald, melkterte afgelewer het. Openbare Sake se saamroeper, Marianne de Wet, het vir die polisie gesorg en Ruanda de Klerk (Leefstyl) was verantwoordelik vir die personeel by die kliniek.

 

Melkterte, netjies in kartonne verpak, is louwarm afgelewer. Hier laai die Landbou&Tuinbougroep hulle voorraad in by Brenda Neethling (tweede van regs). V.l.n.r. Martie de Witt, Brenda Neethling, Ria Coetzee en Harriet Visser.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

V.l.n.r. Hermien van Zyl (saamroeper Landbou&Tuinbou), Martie de Witt (VLV), Llewellyn Arends (Hooftuinboukundige Harold Porter) en Harriet Visser (VLV).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 V.l.n.r. Teresa Els (Kindersorg), Phillipa Marx (VLV), Lisbé Badenhorst (saamroeper Gesondheid) en Elgina Nysen

 

V.l.n.r. Annie Jooste (saamroeper Kunste&Handvlyt) saam met Ilna Grobler, Lindy Groenewald en Melany Cedras (Overstrand Herald)

Post a comment