Kleinbrak vier ook Valentynsdag

 

Kleinbrak vier ook Valentynsdag

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak, News 28 Feb 2018

Sirkel: Swd

Tak: Kleinbrakrivier

Beriggewer: Lydie Terblanche

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Datum Van Vergadering: 27 Februarie 2018

 

Kleinbrak VLV vier Valentyn se maand!

Dames uit die omgewing het Dinsdag 27 Februarie 2018 in rooi opgedaag vir ʼn propvol VLV-program by die Reebok-gemeenskapsaal. Cecelia Pieterse was die sameroeper en haar Kuns-groepie het gewys hoe ‘kunstenaars’ kan saamwerk en ʼn saal optower: daar was tafeldoeke en blomme en harte en koek en tee wat alles saamgespan is om die Valentyn-tema te versterk. Die program het praktiese demonstrasies, ʼn inspirerende voorlesing en riglyne vir aspirerende digters ingesluit.

 

Wat egter van die dag uitgestaan het, was die kompetisie-tafels, onder leiding van Engela Buys, met beoordelaar Rita Burger, wat behoorlik gekreun het onder Peppermint Crisp terte, pastaslaai, pennesakkies, teddiebere, hekel- en borduurwerk, fotografie en blomrangskikkings. Iets vir almal!

 

VLV-dames mooi in rooi

 

Heerlike terte

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kleurvolle pennetjiesakke

 

 

 

 

Teetafel mooi gedek met blomme en rooi servette

 

Pastaslaai

 

Van die dames verander t-hemde in inkopiesakke

 

Nog inkopiesakke

 

Wollerige teddiebere

 

Nog blommerangskikkings

 

  • Cecilia Pieterse March 15, 2018 at 6:44 am / Reply

    Dit was ‘n heerlike middag en dankie vir my span se saam werk, ons kan.

Post a comment

five × 1 =