Klein Brakrivier hou ‘n kruie vergadering

 

Klein Brakrivier hou ‘n kruie vergadering

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak 27 Jan 2015

 

Sirkel:  SWD

Tak:  Kleinbrakrivier

Beriggewer:  Marietjie Bothma

Datum:  27 Januarie 2015

 

 

Die eerste vergadering van die VLV Kleinbrakrivier op 27 Januarie 2015 het die oggend hartseer begin met die roudiens van ‘n baie geliefde lid, Ettie Pienaar, wat haar stryd teen kanker verloor het en in die ouderdom van 70 gesterf het.   Sy was 16 jaar lid van Klein Brakrivier Tak.

 

 

klein brak

 

 

Die gasspreker met die middag se vergadering was Cecile Hough wat ‘n interessante praatjie gegee het oor kruie wat sy in haar tuin plant en wat jy alles met die kruie kan maak.  Haar badbossie is enige vrou se droom vir ‘n lekker kruiebad en die aroma wat sommer ook jou hele huis vul.   Sy het ‘n heerlike slaaimengsel saamgestel.   Met hierdie slaaimengsel sal jy elke dag slaai wil eet, al het jy nooit voorheen van slaai gehou nie.   Haar teekruietuin is geleë by Mossieneslaan 20, Groot Brakrivier, waar jy ‘n heerlike koppie kruietee kan geniet en kruie en suurlemoene uit haar tuin kan koop.   Vir enige verdere navrae oor kruie, nie medisinaal nie,  kan Cecile gekontak word by 044 620 3143.

 

 

klein brak 1

 

 

Liesbeth Saaiman, die oudste lid van die tak, ontvang hierdie jaar haar 65 jaar diensknopie.  Op hierdie gryse ouderdom het sy verskillende uilgesiggies geborduur en die geraamde borduurstuk vir die lede gewys.  Die wysheid wat sy met die lede gedeel het, was “moet nooit sê jy kan nie meer nie”.

 

 

klein brak 2

 

 

Die tak spog met 7 nuwe lede wat met die eerste vergadering aangesluit het.

 

Post a comment

10 + 14 =