Kies die regte materiaal by jou patroon

 

Kies die regte materiaal by jou patroon

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 22 Feb 2019

Sirkel: Namakwaland

Tak: Vredendal

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: A Beelders

Datum: 21 Februarie 2019

 

VLV leer oor naaldwerk.

Lede  en besoekers  wat  VLV-vergaderings  bywoon,  weet  dat  dit  altyd
‘n  interessante,  leersame  en bowenal  gesellige  geleentheid  is.  Dit was
nie  anders  met Vredendal  se eerste volwaardige  vergadering van 2019 nie.

Anna-Marie de Vries het die  regte  atmosfeer geskep met die voorlees
van daardie inspirerende Skrifgedeelte vir vroue,  Spreuke 31.

 

 

 

 

 

 

 

Sanet Ras,  ‘n vrou  wat van enige  stukkie lap ‘n  meesterstuk van ‘n rok
kan optower,  het die dames ingelig  oor die  korrekte  gereedskap vir
naaldwerk,  hoe om ‘n patroon  te  maak  pas vir  jou figuur  en hoe  om
dit  uit  te  lê op die materiaal.  Sy het ook  nuttige  wenke  gegee  oor
die  gebruik van  verskillende  soorte en teksture materiale en oor  kleremaak
in die algemeen.  Selfs  die mees  ervare  kleremakers  kon  iets by haar  leer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lede is ook gevra om voorbeelde van ou  naaldwerk  en  ander  handwerk
saam  te  bring.  Die  items  is  almal  uitgestal  en daar  was voorbeelde  van baie  ou  poppe,  klere, soos byvoorbeeld  ‘n volksspelerok  van Pat de Waal se ma, mevrou Magrietha van Eden,  wat sy aangehad het met die inwyding
van die Voortrekkermonument(1948)  asook  mooi  borduur-,  brei-  en
hekelwerk.

 


Mev Sonia Horn met een van die poppe by die uitstalling

Leave a Reply