Kersmark afsluiting

 

Kersmark afsluiting

Posted by VLV in News, Victoria-Wes 03 Nov 2012

Sirkel: Noord- Karoo

Tak: Victoria-Wes

Beriggewer: Elize Perrin

Datum: 2 November 2012

 

Victoria-Wes se aktiwiteite het met ons jaarlikse Kersmark tot ‘n einde gekom. Dit is die vierde keer dat die mark aangebied is. Elf uitstallers het hulle ware te koop kom aanbied wat tokreen, rame, découpage, mosaïek, naaldwerkartikels, plante en heelwat tuisgebak ingesluit het. Elke jaar word ‘n liefdadigheidsorganisasie aangewys wat ligte etes vir fondse mag verkoop. Hierdie jaar het die ACVV die geleentheid gekry en jafels, kerrie en rys, pannekoek en wafels met roomys is te koop aangebied.

 

Vir die laaste twee jaar word daar ook ‘n aandprogram aangebied en vanjaar is skoolkore genooi om te kom optree. Ons eie plaaslike Idol, Eduard Daniels, het die program afgesluit. Die gehoor het dit geweldig geniet.

 

Aan die einde het die voorsitter ‘n paar gelukkige trekkings gedoen en die VLV se wenners van die herwinningsartikel, is ook bekend gemaak. Mevrou Maggie Hugo het as wenner uit die stryd getree met haar voëlvoerder. Die tweede plek het aan mevrou Mariaan Spamer behoort met ‘n muskietvanger uit ‘n plastiekbottel en me. Ande Olivier se tokreen spaarbussie was derde.

 

Niemand kan stry dat die kaaskoek lekker was nie, vra maar vir Maggie Hugo.

Post a comment

one × 2 =