Kersfees kom vroeg by Strand Tak

 

Kersfees kom vroeg by Strand Tak

Posted by VLV in News, Strand Tak 01 Oct 2009

Annemarie Skubbe berig oor Strand tak se Kuns & Handvlyt vergadering:

 

Die sameroeper en haar gasvroue het ‘n baie aangename en kreatiewe vergadering gereël, met Kersfees as tema.   Drie lang tafels was gedek met handwerk- en tuisgemaakte Kersversierings.   Dit is wonderlik dat vroue hulle talente met mekaar kan deel.  So het mev Rina Marais (saamroeper) demonstreer hoe om op ‘n goedkoop manier ‘n adventkrans te maak en tafelversierings by ‘n buite-ete of braai met servette as blomme.  

 

Samesang en uitvoering deur ‘n solis, Judy van der Linde, het die oggend opgevrolik.

 

Strand tak was trots op hul lede wat 2 bekers en ‘n sertifikaat by Kongres verower het.

 

90 Lede was teenwoordig by hierdie pragtige vergadering.

 

  

Op die foto is ons trots, wat items op die Kongres kon inskryf.

Leta du Preez met die  beker en sertifikaat wat sy verower het, Patricia Loxton, Marie Bester met haar beker (haar borduurwerk word in Jubileumhuis uitgestal), Berna van Heerden en Wilhelmien Le roux.

Die dames wat gedurende die maand verjaar het, het elkeen ‘n pragtige blommebal gekry, gemaak deur Rina Marais.

Op foto vlnr.  Hannatjie du Plessis, Marie Roux, Kowie Slabber, Jossie van Schoor, Elsabè Malan en Maryna Myburgh.

Rina Marais met haar skepping van blomservette, vir braai of buite eet.

Hier bewonder Judy de Klerk,  Rita Swanepoel, Verena Looch (95 jaar oud en nie een vergadering gemis nie) & Johanna Liebenberg die pragtige gedekte Kerstafel met fyn handewerk.

Post a comment

1 + 20 =