Kerse, familie en VLV

 

Kerse, familie en VLV

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak, News 30 Jul 2014

Sirkel: SWD

Tak: Klein Brakrivier

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Marietjie Bothma

Datum: 29 Julie 2014

 

Jan Visser het ‘n demonstrasie oor die maak van kerse gegee. Hul verskaf kerse deur heel Suid Afrika en voer uit na baie oorsese lande onder die handelsnaam Creative Candles.

 

 

Die tak het op hierdie vergadering ‘n interessante familiegeskiedenis opgelewer.   Dalene Cloete wat ‘n lid is, se neef Jan Visser, het die demonstrasie van die kerse gedoen. Vyf niggies uit die familie is lede van die VLV-Klein Brakrivier.

 

 

Gedurende hierdie familie se jeugjare het hulle in Klein Brakrivier heerlike vakansies deurgebring. Hulle is later landwyd versprei, maar na almal se aftrede het alle paaie weer na Klein Brakrivier gelei.

 

Is daar nog ‘n tak in die land wat kan spog met 5 niggies wat lede van een tak is!

Post a comment

twelve + 16 =