Ken jou lesings

 

Ken jou lesings

Posted by VLV in Kuruman Tak, News 27 Aug 2014

Sirkel:  Kalahari

Tak:  Kuruman

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Petro Spangenberg

Datum:    27 Augustus 2014

 

 

Op ʼn onlangse vergadering gehou in die Gereformeerde kerksaal het die saamroeper van Gesondheid, Marianne Vorster, die Vroue- landbouverenigingslede die noodsaaklikheid van gereelde doktersondersoeke laat besef. Sekere toetse kan selfs deur gesondheidsklinieke gedoen word.

 

 

kuruman1

 

 

Suster Lanie Lamprecht van die gesondheidklinkiek binne Kalahari apteek het die belangrikheid van gesonde are beklemtoon. Toestande soos hoë cholesterol en hoë bloeddruk moet opgevolg word.

 

 

Susters Corlia le Roux en Elna Joubert van drs Vorster, Scheepers, Ellis en Cronjé het gereed gesit om almal se bloeddruk te neem, asook vingerpriktoetse vir bloedsuiker en hemoglobien. ʼn Paar lede was duidelik geskok met hul lesings en het die volgende dag hul dokters besoek!

 

 

kuruman

 

 

Aerocare is ‘n nuwe ambulansdiens beskikbaar in die Kuruman omgewing en mnr Schalk van Heerden, algemene bestuurder, het met die lede gepraat oor die noodsaaklikheid van vinnige optrede in ʼn noodgeval. Hy kan geskakel word by 082 827 1888. Slegs ‘n week na die vergadering kon ‘n lid reeds haar man met die ambulansdiens laat vervoer nadat hy ʼn ernstige hartaanval gehad het!

 

 

kuruman2

 

 

Kortpadkos is Liza Burger se spesialiteit, en hierdie maand het sy heerlike happies uit vetkoekdeeg gevul met oorskietkos, in ʼn bietjie olie in die braaipan gaargemaak. Sy en Marianne Vorster het die lede laat skater toe almal in twee groepe verdeel is vir ʼn ysbreker waar jou hande nie gebruik mag word nie!

 

 

Na soveel jaar is VLV nogsteeds pret en laat mense vergeet van die druk op verhoudings en gesinne, en mens kry telkens weer brandstof vir jou eie enjin!

Post a comment

four + 19 =