Ken jou aartappels

 

Ken jou aartappels

Posted by VLV in News, Nieuwoudtville Tak 10 May 2019

Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Erika Kotzé

Datum: 9 Mei 2019

 

Nieuwoudtville VLV se Landbou & Tuinbou portefeulje het op 9 Mei 2019 ‘n vergadering gehou met die fokus op aartappels wat by Elandsvoetpad verbou word.

 

Aartappels word uitgehaal

 

Carla van der Westhuizen en haar bekwame span (Mandie, Lulu, Rosa, Alrie en Annelize) het die leersame vergadering aangebied.

 

 Aartappels word sorteer

 

Mandie stel Carla aan die woord om te verduidelik watter eetgoed ons alles van die aartappels gemaak het. Daar was vier verskillende soorte; Gnochhi, gevulde aartappels, aartappel balletjies wat diep gebraai is, aartappelkoekies wat gepan braai is, asook gebakte aartappels en aartappelsop. Mandie wys hoe maklik dit is om Gnochhi te maak. Net drie bestandele; fyn, gaar aartappels, meel en eier.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Aartappels word verpak

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Na die demostrasie is almal Elandsvoetpad toe waar hulle nou besig is om aartappels uit te haal. Lizette Nel het ons ontvang en vir ons verduidelik hoe die hele proses werk van dat hulle dit uithaal, stoor toe bring vir klas en verpak en dan mark toe. Almal het dit baie interessant gevind en was vol vrae. Na ons gesien het hoe die klassery werk, is ons almal agterop die bakkie land toe om te sien hoe hulle die aartappels uithaal. Dit was alles baie leersaam en almal het dit gate uit geniet. Almal is daar weg met ‘n sakkie aartappels en nuwe waardering vir die produk.

 

Baie dankie aan Lizette en Japie Nel vir hulle gasvryheid.

 

Post a comment