Karoodruppels

 

Karoodruppels

Posted by VLV in Britstown Tak, News 30 Jun 2017

 

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Britstown

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Sunel Janse van Rensburg

Datum: 29 Junie 2017

 

 

Karoodruppels (Early Child Development School)

 

 

Toe die koshuis in Britstown in 2016 afbrand, het Britstown VLV Voorsitter (Wilma Strauss) Amoré Bekker van RSG genader oor fondse vir die koshuis.  Hierdie fondse het ‘n groot bedrag beloop en aangesien die kos-huis nie herstel gaan word nie, is daar begin met onderhandelinge vir ‘n ECD skooltjie.

 

 

 

 

Die droom is bewaarheid: die skooltjie, Karoodruppels, open sy deure op 24 Julie 2017.  Die skooltjie het 5 klaskamers.  Daar word beoog om tot die einde van 2017 net 30 kinders (ouderdomme 3 tot 5 jaar) te akkommodeer.

 

               

 

Elke lid van Britstown VLV is en was op een of ander manier betrokke hierby.  Twee van die lede is op die beheerraad.  Drie lede het gehelp verf aan die skool se mure  en skenkings van gordyne, beddegoed, stoele, tafels, tydskrifte en alle skoolbenodigdhede is uit die tak ontvang.

 

                                             

 

 

Lede is tans ook besig om opvoedkundige speelgoed uit afvalmateriaal te verf en te skep.

 

 

 

 

 

 

Post a comment

13 − 3 =