Kansa Tee

 

Kansa Tee

Posted by VLV in Victoria-Wes 25 Apr 2015

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Onderwerp:  Kansa tee

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  25 April 2015

 

Alhoewel die langnaweek ‘n invloed op die aantal gaste gehad het, kon dit nie die dames se entoesiasme demp nie.  Die tema vir die oggend was “Lewe” en na opening het me. Meriel Hugo, ‘n kanker oorwinnaar, ‘n kers aangesteek.

 

IMG-20150427-WA0017

me. Elza Olivier (met kitaar) en haar susters lewer ‘n sang item

 

Gedigte, wat deur VLV-lede geskryf is en ook konferensie-pryswenners was, is aan die dames voorgelees.  Mevrou Elma Visagie het ‘n (groen) loof rangskikking gemaak en die simboliek aan die gaste verduidelik.  Tussendeur is sang items deur me. Elza Olivier, ‘n plaaslike leerkrag, en haar susters gelewer.

 

IMG-20150427-WA0013

mevrou Visagie verduidelik die simboliek van die rangskikking aan die gaste

 

Na afloop van die program kon die gaste lekker saamkuier en tee en verversings geniet.

 

 

 

 

 

Post a comment

eight + 11 =