KANSA sê dankie

 

KANSA sê dankie

Posted by VLV in Announcements, Kongres 2014 08 Sep 2014

Beste Erika en elke Kongresganger

 

Baie, baie dankie vir hierdie groot bydrae wat julle aan ons streek se Kankervereniging gemaak het. KANSA Upington/Kalahari streek streef werklik daarna om ons gemeenskap te dien deur bewusmaking en voorkomingsdienste maar ook om  veral daar te wees vir ons kankerpasiënte en hul families. Ons wil so graag die hartseer en ongemak en angs van kanker vir ons streek se mense ligter probeer maak deur ‘n ondersteuningsdiens te lewer maar ook om die nodige hulpmiddels vir hulle beskikbaar te stel waar dit nodig is.

 

Die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland kan verseker wees dat hierdie bydrae opreg waardeer word en met omsigtigheid tot voordeel van ons streek se mense aangewend sal word.

 

Seënwense op al jul goeie werk vorentoe.

 

Vriendelike groete

 

Netta Smit

Streekbestuurder van die KANSA Upington/Kalahari Streek

Post a comment

nine − eight =