Kakamas is TROTS!

 

Kakamas is TROTS!

Posted by VLV in Kakamas Tak, News 07 Oct 2009

VLV-Kaapland het in samewerking met Vrouekeur ‘n entrepreneurskompetisie geloods.  In die kategorie eenmansaak was Keppies Spangenberg van Kakamas die wenner. Vir ons wat haar ken en weet hoedat sy kan bak en brou, was dit nie ‘n verrassing nie,  maar blye nuus!!!

 

Haar eie spyseniers onderneming wat sy uit haar huis bedryf,  het die wentitel aan haar besorg.  Haar spyseniering in Kakamas loop op ‘n galop as sy eers die groenlig van belangstellendes gekry het.  Dit het klein begin eers van die plaaskombuis tot nou in die dorpshuis.  Mosbeskuit, beskuit en spyseniering bly ‘n smaaklike uitdaging en vergeet nie van die troues waar 450 gaste aansit nie.

 

Haar onderneming “Eet saam met Keppies” is in Kakamas alombekend en vir die vroue al hier ‘n trots en ‘n lekker bederf.  Harde werk ken sy.  In die begin van 2009 het sy ook begin om Wiskunde aan die Hoërskool Kakamas te gee.  Hoe kry sy dit reg het ek gevra? “Gelukkig het ‘n dag ook ‘n nag”, het sy gelag.

 

Ons VLV tak is baie trots op haar en die positiewe beeld wat sy van haarself en ons tak kan uitdra na ons dorp en gemeenskap.

 

Baie geluk Keppies. Wel gedaan!

 

Beriggewer  Elsabe Myburgh 

Keppies Spangenberg, Voorsitter van VLV Kakamas tak

Post a comment

1 − one =