Jou kind en sy opvoeding

 

Jou kind en sy opvoeding

Posted by VLV in Mimosa Tak 04 Aug 2015

 

Sirkel:  Kalahari

Tak:  Mimosa

Portefeulje:  Opvoeding

Berigewer:  Erika Linde

Datum:  4 Augustus 2015

 

 

 

Carien-Mari Brink van Vryburg, het met die dames kom praat oor die ‘Mind Move’ Instituut wat deur dr Melody de Jager totstand gebring is. Sy is deel van die groep en bied opleiding aan groepe dames asook individuele terapie met kinders.

 

 

Carien-Mari Brink en Izette Niemann

Carien-Mari Brink saam met Izette Niemann

 

Dit handel grootliks oor hoe om jou baba leergereed te maak, asook die voorskoolse kind skoolgereed te kry. Kinders kan verander om leergereed gemaak te word.

 

 

Dit vind plaas deur die volgende stappe;

*Konkrete leer deur bv fisies aan die appel te vat

*Semi konkrete leer deur die prentjie van die appel te herken

*Abstrakte leer wanneer die woord geklank word en deur klanke en syfers.

 

 

Sy het genoem dat babas tydens hul grootword jare, fisies moet ontwikkel deur sekere mylpale te bereik.  Die baba sal eers begin omrol, wat ‘n baie belangrike aktiwiteit vir sy ontwikkeling is. Daarna na ‘n paar maande sal kruip ‘n uiters belangrike mylpaal word.  Babas wat nie leer kruip sal in hul formele skoolopleiding probleme ontwikkel met hul middellyn kruising en moeite ondervind om tussen die b en d te onderskei.

 

 

Hul groot motoriese spierontwikkeling is hiervoor uiters belangrik. Dis van kardinale belang dat ouers doelgerig met hul baba en kleuter speel, deur hul te leer om te huppel, galop, bollemakiesie slaan, rol van links na regs en anders om.

 

 

Netso is die emosionele ontwikkeling van die kind van die uiterste belang. Ouers moet hul kinders selfvertroue gee deur baie aandag en deur fisies die kinders vas te hou, te verseker van jou liefde en om hom te leer om sy lyfie te ken. Kyk fisies na jou kind en stel vas wat is die kind se liggaams beeld. Soms is ‘n kind lomp met sy bewegings en dan reflekteer dit in sy skoolwerk deur slordige handskrif. Nog ‘n teken van swak emosionele ontwikkeling, is as die kind heeltyd met sy mond dit aandui soos om sy lippe heeltyd af te lek, lippe saam te pers of snaakse aanwendsels.

 

 

Dr Melody de Jager het die volgende aanhaling in haar boek gebruik: SPEEL, LEER SLIM

Vertel my en ek vergeet

Leer my en ek onthou

Betrek my en ek leer

 

 

Dr de Jager het ‘n hele aantal boeke geskryf bv, MYLPALE;   LEER GEREED, SKOOL GEREED.

 

 

Dit was ‘n uiters insiggewende lesing en elkeen het genoeg stof tot nadenke gehad.

Post a comment

two × 4 =