Jong dokter inspireer ander

 

Jong dokter inspireer ander

Posted by VLV in Mimosa Tak, News 24 Oct 2019

Sirkel: Kalahari

Tak: Mimosa

Portefeulje: Gesondheid

Datum:  23  Oktober 2019

Beriggewer: Erika Linde

 

Dr Kevin Links wat huidig werksaam is by Joe Mororlong Provinsiale Hospitaal, Vryburg, het Mimosa VLV toegespreek. Hy spesialiseer tans as pediater.

 

Hy is gebore in Bloemhof in Noord Wes waar hy skool gegaan het. Hy het baie moeilike kinderjare gehad aangesien sy Pa hul reeds vroeg verlaat het, en sy Ma ‘n alkoholis was. Sy blinde Oupa en Ouma het hom grootgemaak. Hy het dikwels sy blinde Oupa in die dorp rondgelei. Op ‘n dag het die plaaslike huisarts hom raakgesien en sy rapport gevra.Toe hy sien dat Kevin goed presteer op skool, het hy aangebied om vir al sy skoolgelde te betaal.  Hy het tot matriek alles vir hom geborg, van skoolklere, sport toerusting tot sakgeld en in al sy behoeftes voorsien.

 

Na matriek het hy ‘n beurs ontvang om in Kuba Medies te studeer. Hy voel egter dat Kuba ver agter is in die opleiding van geneeshere. Daar is ook andersoortige behoeftes. Geen wapens is in privaat besit, gevolglik is daar nie skietvoorvalle soos in Suid Afrika nie. Ook geen messteke en ander geweldsbeserings nie.

 

 

 

 

 

Hy moes nogtans addisionele opleiding in Pretoria ondergaan en ook daar het ‘n weldoener hom weer geldelik ondersteun toe hy net ‘n tamatie in sy yskas gehad het.

 

Hy is ‘n baie lojale persoon wat baie respek vir sy medemens het. Hy het aanvanklik baie hard gewerk waar hy ook al geplaas is. Dit het egter vir hom baie moeilik geraak om moed te hou onder baie moeilike werksomstandighede. Toe hy egter vir sy vrou sê dat hy nie meer die ekstra myl gaan stap, het sy hom herinner dat hy nie vir homself of die staat werk, maar vir die Here. Sy het Gal.  6:9  aangehaal wat lui; En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

 

Dit was vir ons ‘n inspirasie om na ‘n jong man te luister, wat so positief is en met soveel entoesiasme oor sy werk praat.

 

 

 

Dr Kevin Links

Leave a Reply