Jamestown leer van beeste

 

Jamestown leer van beeste

Posted by VLV in Jamestown Tak, News 03 Sep 2014

Sirkel:  NOK

Tak:  Jamestown

Portefeulje:  Landbou/Leefstyl/Gesondheid/Opvoeding &Kultuur

Beriggewer:  Antoinette van Pletzen

Datum:  3 September  2014

 

Al die lede moes beesvleisresepte saambring wat uitgedeel is.

 

 

 

jamestown2

Voor:  Hilda v/d Walt, Cecile Nel en Christell Venter.  Agter:  Drinie,

Elise en Mariana – almal Van Pletzen.

 

 

Cecile Nel gewys hoe om sjiffonrose met ‘n template uit te sny, met ‘n kers te skroei en dan in die middel aan mekaar vas te werk.  Die blom is afgerond deur kraletjies op die gare vas te gom.  Ander sjiffonrose is met 1 lang stuk materiaal gevorm.  Gehekelde blomme is ook vertoon.

 

 

Die woorde van die lied “Thankful” van Josh Groban het vir ‘n lid se suster baie beteken tydens haar kankerbehandeling.  Dit is op kaartjies uitgedruk en uitgedeel.

 

 

Interessante feite oor serpe gegee en elke lid het ‘n boekie met die feite ontvang.  Daar is afgesluit deur ‘n demonstrasie van die verskillende maniere waarop serpe gedra kan word.  Effekleur serpe waarop patrone of woorde self met ‘n  pen geskryf is, is vanjaar hoogmode.  Hannon sê dat swart en wit nie kleure is nie so moet dit dus nie naby jou gesig dra nie!

 

 

Om bome te plant is die begin van ‘n langtermynverhouding met iets wat lewe.  Drinie van Pletzen het vertel van die bome van die jaar nl. die Laventel- en die Witysterhoutboom.  Die Laventelboom is ‘n halfbladwisselende tot immergroen boom van ± 14 meter  wat in rypvrye areas voorkom.  Dit kom noord van die Vaalrivier  en in die suide van KwaZulu-Natal voor.  Die boom groei graag op klipperige heuwels, termiethope, in bosveld en op die rande van woude.  Die takkies en blare ruik na laventel indien dit gekneus word. Die bas skilfer af en is grys tot witbont van kleur.  Die blare kan mooi rooi word in die winter.  Die Witysterhoutboom kom voor langs die kus van Suid-Afrika en in  die Hoëveld.  Die bome groei as bosserige struike of klein tot middelgroot bome langs die kus.  In die immergroen woude word die bome tot 40 m hoog.  Die klein, welriekende blommetjies word in blomtakkies van ongeveer 6 cm lank gedra. Die vrugte word tot 2 cm lank, is eetbaar en word pers wanneer hulle ryp is.  Ander bome is genoem wat wél by ons aard soos die akasia.  Die dood van vele bloekombome wat deesdae voorkom, is a.g.v. ‘n luis.

 

 

jamestown3

Mariana van Pletzen

 

 

Mariana van Pletzen het gewys hoe om met jou arms (m.a.w. sónder breinaalde) te brei!  Dit vorm ‘n heerlike sagte, dik serp a.g.v. die baie dik wol en groot “steke”.  Sy het toe aan elkeen ‘n papiertjie, met ‘n idioom opgeskryf, uitgedeel wat handel oor beeste. Elkeen het toe ‘n beurt gekry om, sonder woorde, die idioom voor te stel en die ander moes dit raai.  Idiome soos:, “’n Koei kan moontlik ‘n haas vang” (Niks is onmoontlik nie) en “ ‘n Mens noem nie ‘n koei bont as daar nie ‘n vlekkie aan is nie” (Skinderpraatjies is meestal oordrewe, maar nie ongegrond nie), het menigeen verstom, terwyl “Soos ‘n os neerslaan” en “Ou koeie uit die sloot grawe”  vir baie pret gesorg het!  “Melkbaard”,” Vetgemaakte kalf”, “Jong osse inspan”, “Waarheid soos ‘n koe”i,” Oorloop van melk en heuning”,” Kalf is in die put”,” Oor koeitjies en kalfies gesels”,” Van die os op die esel”,” Met ‘n ander man se kalwers ploeg”,” Agteros kom ook in die kraal”, en “Die melk uit iemand se koffie steel” is nog kosbaarhede uit ons Afrikaanse Taal.  Mariana het vervolgens 26 verskillende beesrasse se foto’s op die tafel uitgepak en lede moes dit raai. Hoogste punte was slegs 11 uit 26 !

 

 

jamestown

 

 

Mariana het  die lede 8 verskillende soorte kase laat proe en inligting daaroor gegee.  Daar is ± 2000 soorte kaas in die wêreld. Verskillende weivelde gee verskillende smake, asook die dier wie se melk gebruik is.  Die souterige Pecorino word van ooimelk gemaak en Mozzarella van buffelsmelk. Dit smaak wel rubberig, maar smelt goed.  Edam is van koeimelk en verouder goed, terwyl Danish Blue wel skerp ruik, maar sag en romerig is. Halloumi word van Griekse ooie se melk gemaak en is uistekend vir rooster en kook.  Gouda kom oorspronklik vanaf Holland en is die beste om net so te eet en Soetmelk proe baie dieselfde.  Ceddar is van koeimelk en is semi-hard.  Haal kaas ‘n rukkie voordat jy dit wil gebruik uit die yskas om die geur te laat stabiliseer.  Ná al die sout smake kon die lede proe aan 2 nuwe kitsvla-geure, nl. kaneel en sjokolade.  Ten slotte kon lede plantjies,steggies en saad uitruil wat elkeen moes saambring.

 

 

 

 

Post a comment

five × two =