Jamestown bederf oues

 

Jamestown bederf oues

Posted by VLV in Jamestown Tak, News 12 Feb 2017

 

Sirkel: NOK

Tak: Jamestown

Beriggewer: Mariana van Pletzen

Datum: 11 Februarie 2017

 

Op 11 Februarie 2017 het ons die dierbare inwoners van Huis van der Horst (Ouetehuis op Aliwal-Noord) bederf met `n héérlike braaivleis ete. Die VLV- Manne was van vroeg om die vure besig om die vleis te braai, terwyl die vroue die res in gereedheid gebring het.  Die saal was vrolik gedek en ons gaste was almal pragtig uitgevat en lus vir die saamkuier.

 

Baie dankie aan die personeel van Huis van der Horst vir julle hulp, veral die kombuispersoneel en die Bestuurder, Mnr. Tinie Kluys.  Nog `n baie groot dankie aan die Jamestown Landbouvereniging vir sy donasie en boere vir die vleis. Ons waardeer dit opreg.

 

Besig met voorbereiding by Huis v/d Horst: Drinie van Pletzen, Philna van Pletzen, Hilda v/d Walt en iemand van die kombuis,  met Marlene Lategan in die agtergrond.

 

Jan van Pletzen en Tinie Kluyts besig om te braai, terwyl Christell Venter opdragte gee.

 

 

Post a comment

two × two =