Interessante nuwe-generasie kombuisware

 

Interessante nuwe-generasie kombuisware

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 31 Jan 2018

Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Beriggewer: Elize Locke

Datum: 30 Januarie 2018

 

‘n Nuwe jaar en ‘n vergadering vol nuwe idees, produkte en prosedures!

 

Tydens die eerste vergadering op 30 Januarie 2018 het die sameroepers van die verskillende studierigtings gepoog om vernuwing as tema te gebruik.

 

Die program is afgeskop deur Rika de Villiers wat ‘n nuwe-generasie pizzapan aan ons bekend stel.  Die pan is vol gaatjies en is beslis ‘n produk wat ons nie ken nie.  Die gaatjies is vir krakerige korse.  {Totsiens “soggy bottoms”).  Nog produkte in die reeks is broodpannetjies, bakplate, “flan”-panne asook muffin pannetjies.

Panne met gaatjies

 

Linzetta Smit demonstreer met ‘n plastiese toestelletjie aan ons hoe jy baie vinnig  koekarretjies kan maak.  Elkeen is presies dieselfde groote.  Die produk is by naaldwerkwinkels te koop.

 

                                                                                              Koekarretjies

 

Johlene Muller stel die koerierdiens Aramex aan ons bekend.  Die diens word gelewer deur Pick n Pay en kos slegs R99.  ‘n Sak word by die toonbank gekoop, jy vul hom met nie bederfbare goedere, en pos hom in die Aramex houer in Pick n Pay.  Die pakkie sal afgelewer word by die woning of kantoor van die ontvanger.
Ada Gericke vertel van ‘floaters’, oogvogdeeltjies wat verdikkings vorm, en dan as kolletjies of draadjies gesien word.  Daar was vir jare nie enige behandeling daarvoor beskikbaar nie, maar met nuwe glasvoglaserbehandeling ook genoem vitreolysis, kan dit met nanosekonde-pulsering nou wel behandel word.  Goeie nuus vir ons, is dat die behandeling nou ook by die George Oogkliniek beskikbaar is.  Dit word SLT/MLT Laser genoem.

 

Sandra Nolte stel die reeks grondsjokolade ‘Slab of Seed’ aan ons bekend.  Die produk is deur Vanessa Jacobs, entrepreneur en eienaar van “Sow Delicious” ontwerp.  Die produkte word met die hand in George gemaak.  Dit is so gewild, dat sy in 2016 die Entrepreneur van die Jaar toekenning ontvang het van Sanlam en Business Partners.

 

Hierdie produkte bevat die ideale mengsel van organiese bemesting, voedingstowwe en nie-genetiese erfsade.  Voorbeelde van die ‘grond sjokolade’ is bv Purple Peppers, Candy Cane Beetroot, Round Carrots ens.

 

Kreatiewe mense geniet hierdie andersoortige ‘grond sjokolade’, bv Purple Peppers, Candy Cane Beetroot, Round Carrots, ens.  Dit kan nie eenvoudiger wees om die saad te plant nie.  Jy breek net ‘n blokkie af, druk dit in die grond en gee elke paar dae water.  Daar is 12 blokkies in ‘n slab en jy kan bv van 1 blokkie tamatiesaad – 50 tamaties oes.

 

 

 

 

Slab of Seed

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons luister ook na Elmarie Engelbrecht wat die nuweling Franna du Plessis, se musiekstorie vertel en Mien Naude verduidelik nuwe Afrikaansskeppings wat in die HAT voorkom.  Een voorbeeld is:  semigrasie, semigreer, semigrant;  bv. SA het ‘n nuwe semigrasie-bestemming, deesdae is die Weskaap nie meer SA se enigste en gewildste semigrasie-bestemming nie, maar die semigrante stroom nou na KwaZulu-Natal vir groener weivelde.

 

Beslis ‘n baie leersame middag!

Post a comment

sixteen − 3 =