Inligtingsdag

 

Inligtingsdag

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 13 May 2014

Sirkel: Kalahari

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 12 Mei 2014

 

Lede van VLV Sirkel Kalahari het by Ocean Basket in Vryburg vergader om die kompetisies vir 2015 te bespreek. 

Al die kundiges uit die sirkel is betrek en Doris Linde van Mimosa het gewys hoe die heerlike gevlegde melkbrode moet lyk. 

Corlie van Zyl van Reivilo inspireer lede om masjien-, brei en hekelwerk aan te pak. 

Erika Linde van Mimosa verduidelik die beginsels van weefwerk. 

Christene van Heerden van Reivilo ontrafel die geheime van piouter en waarsku teen al die slaggate. 

Adilla Theunissen van Mimosa laat die potloodskets na kinderspeletjies lyk. 

Marietjie Steyn van Vryburg verskaf riglyne vir fotografie en blommekuns.

Erika Linde, Annetjie Botha, Christine van heerden, Corlie van Zyl, Jane McLellan, voor: Marietjie Steyn, Adilla Theunissen, Doris Linde, Carien van den Berg.

 

Sirkelpresident Carien van den Berg het almal die volgende toegewens:

I wish you enough sun to keep your attitude bright, no matter how grey the day may appear.

I wish you enough rain to appreciate the sun even more.

I wish you enough happiness to keep your spirit alive and everlasting. 

I wish you enough pain so that even the smallest of joys in life may appear bigger.

I wish you enough gain to satisfy your wanting.

I wish you enough loss to appreciate all that you possess.

I wish you enough hellos to get you through the final goodbye.

 

Carien van den Berg en Costa van Ocean Basket.

Post a comment

12 − twelve =