Inligtingsdag vol Wenke en Uitdagings

 

Inligtingsdag vol Wenke en Uitdagings

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 19 May 2015

Sirkel:  Overberg

Geleentheid:  Inligtingsdag

Beriggewer:  Hermien Van Zyl

Datum:  19 Mei 2015

 

 

Sirkel Overberg se jaarlikse Inligtingsdag het groot belangstelling onder sirkellede uitgelok en +60 persone het dit bygewoon.

 

DSCN3397 (Custom)

 

Villiersdorp-tak was baie goed verteenwoordig en het sommer die kans gebruik om kennis te maak met hul nuwe sirkelpresident, Rienie Ludick (heel links). Saam met haar staan Hettie Cananie, Sarie Erasmus, Antoinette Stoutesdÿk, Arina Naude, Mareen de Wet en Serina Peppin. Voor hurk Johlene Viljoen en Jean van Coppenhagen.

 

 

DSCN3396 (Custom)

 

 

Kleinmond-tak het gasvrou gespeel en die dames wat van oral opgedaag het, behoorlik bederf. Hier hou Johlene Viljoen, sirkel se Hulpsaamroeper vir Leefstyl haar bord terwyl Cecile Coetzee, Annie Jooste, Elizette Bosman en Melene Weyers die heerlike middagete opskep.

 

DSCN3394 (Custom)

 

Eerste aan die beurt was die gebottel&gebak-artikels vir 2016 se Konferensie en die Kokkedore en Koekedore kan maar kom kers opsteek by VLV. Koeksisters en rolkoeke het saam met peerblatjang, kweperjellie, koejawelbotter en fudge op die demonstrasietafel gepryk. Sirkelbeoordelaars Maria Whitehead (heel links) en JC van der Merwe (in blou) is hier saam met vlnr Rienie Ludick (sirkelpresident), Jean van Coppenhagen, Jossie Swart, Johlene Viljoen en Corrie Fourie (sirkelsaamroepers vir Leefstyl) agter en Mareen de Wet, Ninnie du toit en Miempie du Plessis wat belangstellend toekyk.

 

DSCN3395 (Custom)

 

Daarna het die voorgeskrewe VLVK- naaldwerkkompetisie-artikels aan die beurt gekom en hier kon lede luister na kundiges soos Marie Spamer (heel regs), vroeëre VLVK-paneelbeoordelaar, en langs haar Charlene le Roux, sirkelbeoordelaar en Corrie Fourie, sirkelsaamroeper vir Leefstyl. Sarie Erasmus en Mareen de Wet kyk saam met hulle na die voorbeelde van artikels met Indiese kettingsteek wat groot belangstelling uitgelok het.

 

DSCN3406 (Custom)

 

Die tema vir die sirkel se blommerangskikkingkompetisie vir 2016 is Skeppingsdrang(e) en Jeff Milne en Louis van As het voorbeelde geskep wat die dames se asems weggeslaan het. Hier is Jeff besig om die afronding te doen aan een van die rangskikkings wat die vrou as natuurliefhebber uitbeeld, terwyl Sarina Peppin (regs) en haar suster Hettie Cananie by twee staan wat o.a. ‘n beroepsvrou uitbeeld wat die korporatiewe leer uitklim en ‘n tuisteskepper.

 

DSCN3415 (2) (Custom)

Post a comment

three × 1 =