Inheemse wonders

 

Inheemse wonders

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak, News 27 Sep 2017

Sirkel: Swd

Tak: Kleinbrakrivier

Portefeulje: Landbou

Beriggewer:   Marietjie Bothma

Datum: 26 September 2017

 

September is clivia-tyd! ’n Clivia-kenner, Willie Freund van Fraai Uitsig, Klein Brakrivier het sy kennis van Clivias met ons gedeel.  Dié inheemse wonders, ook bekend as boslelies, kondig die koms van die lente met bottergeel of helder oranje blomme aan en spog regdeur die jaar met lieflike groen loof. Baie tuiniers beskou dié plante as ’n seëning omdat hulle van die min spesies is wat dolgelukkig in die diep skaduwee onder groot bome sal groei. Elkeen het ‘n pakkie Clivia saad ontvang en is wenke gegee hoe om die saad te plant. Vir al die Clivia entoesiaste is daar ‘n Clivia Klub waar werksessies gereeld aangebied word en kennis met mekaar gedeel word.

 

Dalene Cloete het ‘n prettige voorlesing “Mega Me” gedoen uit Lizz Meiring se boek ‘Lizzie se los goed’.

 


Dalene Cloete, sameroeper van Landbou, lees voor uit Lizz Meiring se boek.

 


Willie Freund, Kenner van Clivias

 


Clivia saad wat elkeen by vergadering gekry het.

Post a comment

seven + eleven =