Inheemse boom kwekery

 

Inheemse boom kwekery

Posted by VLV in Caledon Tak, News 07 Mar 2014

Sirkel: Overberg

Tak: Caledon

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Yvonne Pretorius

Datum: 6 Maart 2014           

 

Lede van Caledon tak het besoek afgelê by die Inheemse Boom Kwekery van Janet Hauman op die plaas Diepgat, geleë in die Hemel en Aarde vallei tussen Caledon en Hermanus.

Retha Skein, voorsitter, saam met Janet Hauman (regs).

Janet het die kwekery as ‘n  stokperdjie op haar man John se plaas begin en het nie die reuse aanvraag na inheemse bome verwag nie. Die gevolg was dat die stokperdjie vining uitgebrei het tot ‘n inheemse boom kwekery met sowat 6 000 verskillende bome in verskillende grotes te koop.      

‘n Klein gedeelte van die inheemse bome beskikbaar.

 

Haar bome is veral in aanvraag by landskapargitekte en munisipaliteite.  Janet se kontakinligting is 028 212-2342.

Die middag was gesellig afgesluit met koeksisters, toebroodjies en tee.

Die VLV-lede wie die kwekery besoek het, met Janet agter, derde van links.

Post a comment

sixteen + 6 =