In Memoriam

 

In Memoriam

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 12 Sep 2019

Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Beriggewer: Elize Locke

Datum: 11 September 2019

 

 

Joan Muller – 13 November 1927 – 2 September 2019

 

 

 

 

 

Tannie Joan is gebore te Heidelberg Kaap en het op 27 begin met haar opleiding as verspleegster by die Groote Schuur Hospitaal.  Sy is later getroud met ‘n wewenaar, Kenneth Muller met ‘n baba dogtertjie en so beland sy op ‘n plaas in die Herbertsdale distrik.  Sy word huisvrou, ma en later ouma. Sy sluit in 1960 by VLV Voëlvlei aan en in haar sewentigs leer sy laslapbrei by ‘n VLV werkswinkel en brei daarna vir elk van haar kinders en kleinkinders ‘n kombers.  Toe sy daarmee klaar is besluit sy om vir elkeen ‘n kwilt te maak.  Als met die hand!

Tannie Joan laat ‘n groot leemte in ons tak.

 

 

Post a comment