Immer positief

 

Immer positief

Posted by VLV in News, Vryburg Tak 24 Jun 2014

Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Nellie Viljoen
Aanbieder: Trudie Kok
Datum:  24 Junie 2014

Arthur en Trudie Cullinan het hul ervaringe  met Vryburg VLV gedeel.

Trudie Kok by Arthur en Trudie Cullinan.

image.axd-75
Arthur se sesde nekwerwel is  in Maart 2013 gedurende ‘n rugbywedstryd beskadig. Die bloeding het drukking veroorsaak wat gedeeltelik deur ‘n operasie verlig is. Hy is
egter ‘n kwadrupleeg wat slegs gedeeltelike gebruik van sy hande het.
In ‘n oogwenk word jou hele lewe verander, Arthur en sy ma het openhartig gesels oor die aanpassings wat hulle moes maak. Die badkamer moes moes ‘n stort kry wat vir hom toeganklik is en hul leefstyl moes verander.
Arthur is egter positief oor die toekoms en glo dat dit jou keuse is om te reageer op dinge wat gebeur. Hy was in sy vierde jaar veeartsenykunde en kan nie die kursus voltooi nie. Hy sien dit egter as ‘n nuwe uitdaging in sy lewe en het steeds groot drome. Hy doen daagliks oefeninge om sy asemhaling te beheer.

Bertie van Vuuren, Ora Jordaan en Charlotte Bouwer was betrokke by die aanbieding van die vergadering.

Bertie van Vuuren, Ora Jordaan en Charlotte Bouwer was betrokke by die aanbieding van die vergadering.

Post a comment

sixteen − 11 =