iHeartCarli

 

iHeartCarli

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 22 May 2015

Sirkel: Kalahari

Projek: iHeartCarli

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum:  22 Mei 2015

 

 

Die kleindogter van ’n lid van Kuruman VLV is met ‘n ernstige hartdefek gebore. Die familie het ‘n fonds gestig om te help om haar mediese kostes te dek. Plakkers van iHeartCarli word verkoop teen R10,00.

 

 
Carli 1 - Copy (Custom) (2)

 

 

Die nood van ander pasiëntjies by die Chris Barnard Hospitaal het hul so aangegryp dat hul beoog om daarmee voort te gaan en uit te brei om ander ook te help. Lede van Sirkel Kalahari ondersteun die projek deur plakkers te koop en verkoop.

 

 

Dit het egter onder sirkel se aandag gekom dat daar groot behoefte is aan middels om die pasiëntjies fisies te versorg en op konferensie 2015 is besluit om iHeartCarli ‘n sirkelprojek te maak. Lede het kombersies en waslappies  bymekaar gemaak wat Carli se ouers namens Sirkel Kalahari aan die Neonatale ICU eenheid van die Chris Barnard Hospitaal oorhandig het. Op dié wyse is ‘n klein bydrae gelewer om  siek babatjies te troos en gemakliker te maak. ‘n Brief van vertroosting het elke skenking  vergesel om hartseer ouers te laat weet daar iemand is wat omgee. Daar word beoog  om dit nie ‘n eenmalige projek te maak nie maar iets waarop die Neonatale eenheid jaarliks kan staatmaak.

Post a comment

four × five =