Iets van als

 

Iets van als

Posted by VLV in Bonnievale Tak, News 13 Mar 2014

Sirkel:  Worcester 

Tak:  Bonnievale

Portefeulje:Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Gesina de Wet

Datum: 13/03/2014

Petro van Niekerk lees ‘n paar redes voor hoekom dit goed is vir die gesondheid om daagliks ‘n glasie of twee rooiwyn te drink. Natuurlik kom dit uit die tydskrif “Wineland”.

Aileen Bosch, wat ‘n jaar in Indië gebly het, gee ons ‘n kykie in die gewoontes  van die Indiërs. Sy vertel dat huwelike al so vroeg as sewe jaar oud gereël word. Sy vertel ook van die huwelikseremonies, die groot huise waarin die uitgebreide familie bly en die pragtige kleure van die sari wat die vroue dra. Die feitlik ondraaglike hitte, die vuil land en die vreeslike armoede sal haar egter lank bybly.

 

Aileen wys die pragtige materiaal waarvan ‘n sari gemaak word.

Aileen met ‘n sari.

 

Beirina Human, wat pas die oudhedewinkel, Fine Old Things, geopen het, wys ‘n paar van die unieke stukke wat in die winkel is en vertel meer daaroor.

Beirina wys een van die waardevolle stukke in haar winkel.

Alta Beeslaar van Touching Hearts vertel van die lerings- en gebedsbediening werk van die groep wat maandeliks op Robertson bymekaarkom.

As daar nood is, druk op die VLV-lede se knoppie en jy is nooit teleurgesteld. ‘n Behoefte vir beddegoed is by die ouetehuis geïdentifiseer en gou-gou het die lede bydraes gemaak en sommer ook lede van die publiek nader getrek om bydraes te maak.

Hermien Gouws, administratiewe beampte, en ‘n baie ingenome Brenda Elstadt, bestuurder van die ouetehuis, by van die beddegoed wat geskenk is.

Post a comment

seventeen − two =