Iets van als

 

Iets van als

Posted by Natania Schmidt in News, Rocklands Tak 20 Sep 2013

Beriggewer: Gretha Schoeman.

Fotograaf: Mavis van Eyk

Datum: 19 September 2013.

 

Rocklands se lede het ‘n vergadering met ‘n verskeidenheid bydraes geniet.

 

r1

Openbare Sake reël dat Lynn Simpson met ons gesels oor hoe om ‘n “Living Will” op te stel.

 

Caroline Rademeyer vertel van die “Consul-solar-jar-liggie” – ‘n moet vir die toekoms se  krisistye sonder elektrisiteit!!

 

Sarie Gillespie wys ons om ‘n spaghetti-lengte te gebruik om kerse of vure met gemak aan te steek!!!

 

Anette Rademeyer het wenke gegee oor die oordeelkundige gebruik van room.

 

Vicky Lategan wys ons om ‘iets’ uit afvalmateriaal te maak.

 

Op onderstaande foto oorhandig Itha, ons voorsitter, 2 kniekombersies (van die Middelland Breiblokkie Projek) aan 2 van ons eie lede – Dawn Wood en Tienie Strydom.

r2

Post a comment