Iets nuuts

 

Iets nuuts

Posted by VLV in De Aar Tak, News 11 Jun 2014

Sirkel: Noord-Karoo
Tak: De Aar
Portefeulje: Leefstyl en Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Patty van den Heever
Datum 10 Junie 2014

Om lid te wees van die VLV, is om verseker te wees daarvan dat jy altyd iets nuut leer. Daar is ook ‘n goeie gees tussen die lede, om nie eens te praat van die lekker koppie tee en eetdingetjie nie.

So het Janine Scriven lede gewys hoe om jou twee hande en arms te gebruik om te brei. Sy het die tegniek op die Internet gesien, en haarself verder geleer. Dit help nogal as ‘n mens van die interessante wolle wat deesdae op die mark is, gebruik. Twee of meer drade word op een slag gebruik. As mens die tegniek bemeester het, kan jy vir jou ‘n groot serp in ‘n halfuur brei. Op die fotos kan gesien word waar sy besig is met die breiwerk.

Me Francie van der Westhuizen het vertel van die verskillende meduims wat deesdae op die mark is, om te help om jou skildery ‘n moderne inslag te gee. Sy het van haar werke gebring om te wys wat gedoen kan word. ‘n Mens kan sommer bo-oor ‘n ander skildery werk, as jy nie tevrede is met die vorige een nie.

image.axd-6 image.axd-5

Post a comment

seven − 3 =