Hupstootjie vir die talentvolles

 

Hupstootjie vir die talentvolles

Posted by VLV in News, Victoria-Wes 22 Jun 2014

Tak: Victoria-Wes
Sirkel: Noord-Karoo
Studierigting: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 21 Junie 2014

In 2008 het Vic-Wes se dames ‘n Talentfonds gestig. Verskeie rugby- en netbalspelers is al met die fonds bygestaan om sodoende hul talente te bevorder. Hierdie jaar het die dames besluit om vir Johan Hugo, ‘n Downsindroomlyer, te ondersteun. Johan is vir die vyfde keer gekies om aan die Internasionale Downsindroom swembyeenkoms te gaan deelneem.  Hy het verskeie medaljes op die SA Downsindroom kampioenskappe in Durban verower. Johan is die seun van Herman en Susan Hugo, bekende inwoners van die omgewing.

image.axd-74

Johan Hugo.

 

‘n Verdere  skenking is gemaak om leerders wat aan die Eisteddfod op De Aar gaan deelneem, se inskrywingsfooie te help betaal. Die organisasie en afrigting van die leerders is onder leiding van me. Alida Viljoen en haar dogter, me. Marne Barnardt. Na verlede jaar se sukses gaan byna driehonderd leerders van die vier skole op die dorp, die jaar aan die kompetisie deelneem.

Post a comment

four × 3 =