Huldeblyk aan Catharina Elizabeth Honiball

 

Huldeblyk aan Catharina Elizabeth Honiball

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 12 Jan 2015

Sirkel: SWD

Beriggewer:  Sandra Nolte (Sirkelsekretaris)

Datum:  12 Januarie 2015

 

Arina Honiball was ‘n vorige Sirkelpresident van SWD en vorige VLVK-Leefstylsaamroeper.

 

 

Arina Honiball

 

Gebore:  6 Mei 1939

Oorlede:  12 Januarie 2015

 

Ek sal Arina Honiball se lewe vergelyk met die Spesiale Vrou van die Bybel.  ‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.

  1. Arina was ‘n knap vrou wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie. Ons almal kan getuig van die wonderlike dinge wat sy gedoen het.
  2. Wanneer sy gepraat het, was dit met wysheid. As sy leiding gegee het, was dit met liefde. Sy het haar gemeenskap met nederigheid gedien en was nooit suinig met hulp en raad nie.
  3. Haar man, kinders en kleinkinders was haar trots en hulle het haar bewonder. Haar huis was ‘n liefdevolle tuiste vir haar kinders en vriende.
  4. Uiterlike skoonheid hou nie, ‘n mooi voorkoms is nie alles nie, maar as sy die Here dien, dan verdien sy om geprys te word. Vir Arina was haar voorkoms belangrik en sy het die Here gedien. Sy was mooi van binne en buite.

 

Haar laaste woorde aan my was: “Moenie my vergeet nie!”

 

Met hierdie paar gedagtes wil ek net sê: “Arina ons sal jou altyd onthou.”

 

Voorgedra deur mev Johlene Muller

Sirkelpresident SWD

 

Post a comment

five × four =