Hottentots-Holland woon Konferensie by

 

Hottentots-Holland woon Konferensie by

Posted by VLV in Hottentots Holland Tak 04 Mar 2015

Sirkel:  Kaapstad

Tak:  Hottentots-Holland

Portefeulje:  Konferensie

Beriggewer:  Trolène Erwee

Datum:  4 Maart 2015

 

Die Kaapstad Sirkel se konferesie is deur die Strand tak aangebied.  Die dames het die besoekers vriendelik en warm verwelkom.

 

Die oggend is afgeskop met ‘n praatjie deur Dr. Emily Olivier.  Sy gebruik kuns as terapie en veral met kinders.  Dit is merkwaardig om te sien wat alles geleer kan word oor ‘n kind en sy situasie deur na sy sketse te kyk.

 

Alida Kruger het vir die dames 2 stukke kom voordra.  Een geskryf deur Shakespeare en een van Chris Barnard.  Dit het voorwaar menige harte geraak.

 

HH (Custom)

 

Daar is ‘n opvoering met poppe gedoen deur 4 van Hottentots-Holland se lede.  Die tema was selfoon gebruik.  Al die moets en moenies asook ‘n paar oulike wenke is op ‘n vermaaklike manier aan die dames oorgedra.

 

Deeghuys het ‘n uitstalling kom hou met al hulle produkte.  Alles gaan deesdae oor “convenience”, van die vrieskas na die tafel.  Hulle het produkte gebring wat in hulle toetskombuis gebak is sodat die dames kon proe.

 

IMG_0034 (Custom)

 

Mnr. Kassie Booysen van Benbel het die dames kom touwys maak in tuinbou.  Hy het allerhande produkte gebring en die dames selfs aan ‘n paar nuwes bekendgestel.  Daarna het hy gedemonstreer hoe om ‘n “rangskikking” in ‘n pot te plant deur plante te gebruik met verskillende teksture en kleure.

 

Die dames is getrakteer op ‘n heerlike middagete waarna almal se hoogtepunt die roomys was!

 

IMG_0035 (Custom)

 

Die laaste item van die dag was 2 liedere gesing deur Leana Lourens. Sy het begin deur te vertel dat haar oupagrootjie die eerste “vinyl” plaat in Suid Afrika opgeneem het, maar is oorlede in ‘n motorongeluk voor hy dit kon vrystel.  Heel gepas was haar eeste lied dan ook een wat op die plaat was.  Haar tweede lied was die afrikaanse weergawe van Jerusalem en vele dames was vervul met heimee.

 

Laastens      is die bekers en trofeë uitgedeel voor die konferensie verdaag is.  Hottentots-Holland is baie trots op die bekers wat hulle verower het.

 

IMG_9976 (Custom)                                   IMG_9983 (Custom)

Twee tafels gedek deur Hottentots-Holland lede. Onderskeidelik eerste en tweede prys verower.

 

IMG_9988 (Custom)                                   IMG_9989 (Custom)

Gehekelde baadjies deur Hottentots-Holland lede onderskeidelik eerste en tweede prys verower.

Post a comment

two × 5 =