Hospitaaltyd op Langebaan

 

Hospitaaltyd op Langebaan

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 27 Oct 2018

Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting:  Gesondheid

Berriggewer: Cynthia Huysamen

Datum: 6 Junie 2018

 

Die dames van GESONDHEID se kleredrag en aanbieding het herinner aan die destydse Springbokradio program “Hospitaaltyd”, want daar was ‘n  lied en ‘n glimlag (onthou?) toe hulle vir die verjaarsdagdames gesing het in Engels, Afrikaans & Xhosa en ná afloop van die vergadering, die heerlikste sop en vetkoeke bedien het.

 

David Millar van Atlantic Medical Response het ons kom vertel van hul ambulansdienste aangesien dit ‘n behoefte is in die Weskus, skakel hul kantoor gerus vir meer besonderhede by 022 7722377.

 

Carel Pieterse van Gerimed Mobility 022 772 1273 het ‘n uitstalling op die verhoog gehad van al die produkte wat deur hul verskaf word en ons het ook pamflette van Gerimed tehuis vir bejaardes ontvang.

 

Ons het soos gewoonlik ‘n pragtige en lekker marktafel gehad, ‘n lootjie wat gewen is en soos altyd, lekker gekuier.

 

Baie dankie Louna, Trish en die dames van GESONDHEID vir alles.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Louna Niehaus saam met David Muller

 

 

 


Die Gesondheid groep

 

Die uitstalling van Gerimed Mobility

 


Die Gesondheid groep sing vir al die verjaardag dames

 

 

 

 

 

 

 

 

 

David Muller spreek ons dames toe

Post a comment

four × four =